Kaspiese See

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Satellietfoto van die Kaspiese See.
Kaart wat die Kaspiese See vertoon.
Stepka Razin Seil oor die Kaspiese See, deur Wasili Soerikof, 1906.

Die Kaspiese See (Azerbeidjans: Xəzər dəniz, Kasaks: Каспий теңізі, Persies: دریای خزر/دریای مازندران, Russies: Каспийское море‎, Turkmeens: Hazar deňizi) is die grootste soutmeer ter wêreld en die grootste ingeslote liggaam van water op die Aarde. Die oppervlakte daarvan is ongeveer 371 000 km².

Die Kaspiese See is geleë in Wes-Asië en uiterste Oos-Europa sonder toegang tot die oseane binne die groot Aral-Kaspiese laeveld. Die Kaspiese See word in die noorde deur Rusland en Kasakstan, in die ooste deur Turkmenistan, in die suide deur Iran en in die weste deur Azerbeidjan begrens.

Die belangrikste riviere wat in die Kaspiese See vloei is die Oeral-rivier en die Wolga. Die grootste stad wat aan die see geleë is, is Bakoe, die hoofstad van Azerbeidjan.

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Kaspiese See (kategorie)