Sulusee

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sulusee
Sulu Sea internal waves.jpg
Nasa-Satellietbeeld van die Sulusee
Ph physical map.png
Kaart van die Filippyne met die Sulusee in die suidweste
Koördinate: 8°N 120°O / 8°N 120°O / 8; 120Koördinate: 8°N 120°O / 8°N 120°O / 8; 120
Ligging: Filippyne, Maleisië
Soort: See van die Stille Oseaan
Oppervlakte: 260 000 km² (100 000 myl²)
Maksimum diepte: 5 600 m (18 400 vt)
Lengte: 790 km (490 myl)
Breedte: 605 km (375 myl)
Eiland/e: Borneo, Calamian-eilande, Mindanao, Mindoro, Palawan, Sulu-argipel, Visayas (Negros, Panay)
Nedersettings: Sandakan (Maleisië)
Die Sulusee soos vanaf die Filippynse eiland Palawan gesien

Die Sulusee (Engels: Sulu Sea, Filippyns: Dagat Sulu, Maleis: Laut Sulu) is 'n see van die Stille Oseaan in Asië tussen die Filippyne (Mindanao en Visayas) in die ooste en Maleisië (Borneo) in die suidweste. Die Sulusee grens aan die Suid-Sjinese See in die weste en die Celebessee in die suide. Die see het 'n oppervlakte van sowat 260 000 km² en 'n maksimale diepte van 5 600 m.[1]

Die belangrikste nedersettings aan die see is Sandakan in Maleisië. In die middel van die Sulusee is die Tubbatah-koraalrif geleë, wat in 1993 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys is. Hierdie inskrywing is in 2009 uitgebrei.[2]

Seerowery is 'n algemene verskynsel, veral naby die kus van Borneo.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Sulu Sea". Encyclopædia Britannica. Besoek op 27 Julie 2017. 
  2. (en) "Tubbataha Reefs Natural Park". Unesco. Besoek op 27 Julie 2017. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]