R55 (Suid-Afrika)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
R55-padteken
Die R55 word in rooi aangedui

Die R55 is 'n noord-suid - provinsiale roete in Suid-Afrika wat Pretoria met Sandton verbind, nuut gebou deur die Gauteng Provinsiale Regering.[1]

Dit loop verby Woodmead, Kyalami, Olievenhoutbosch, Heuweloord, Sunderlandrif, Erasmia, Laudium, Claudius, Wespark, die Daspoorttonnel en Danville. Dit verbind met die M1, N14, en R80 paaie.

Hoewel dele van die pad in Johannesburg verbreed is in 2005, is ander enkelbaandele van die Roete, veral in Centurion, in 'n gevaarlike toestand, as gevolg van hoë verkeersvolumes en die teenwoordigheid van swaar voertuie wat veroorsaak dat die pad se oppervlak vinnig versleg.

Verwysings[wysig | wysig bron]