R21 (Suid-Afrika)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kaart wat die R21 in rooi aandui.

Die R21 is 'n snelweg tussen Pretoria en Boksburg. Die snelweg begin as 'n hoofweg by die Fonteinesirkel in Pretoria (net wes van Groenkloof). By die eerste robot in Monument Park word die pad 'n snelweg. Die snelweg kruis dan die N1-nasionale pad in 'n suidwaartse rigting, gaan verby die Rietvleidam aan die linkerkant, verby Olifantsfontein en Kaalfontein, deur Pomona en Kemptonpark met die O.R. Tambo Internasionale Lughawe aan die linkerkant. Hier tak die R24-snelweg wes af na Johannesburg. Die snelweg kruis die N12-nasionale pad en by die kruising met Noordrandweg word die snelweg 'n straat en staan as Rietfonteinweg bekend. Rietfonteinweg eindig in Hoofrifweg in Boksburg.