Walter Chrysler
Walter Percy Chrysler (Wamego, 2 April 1875 - Long Island, 18 Augustus 1940) was 'n Amerikaanse pionier in die motorbedryf.
Vroeë lewe
[wysig | wysig bron]Walter P. Chrysler is in 1875 in Wamego, Kansas (VSA), gebore. Sy voorouers het in 1709 uit Duitsland na die Verenigde State verhuis. Toe hy drie was, verhuis sy gesin na Ellis, waar sy pa as ingenieur vir Kansas Pacific Railroad gewerk het. Na skool het hy by Union Pacific Railroad gewerk. Hy het Ellis op 22-jarige ouderdom verlaat en later teruggekeer om met Della Forker te trou. Hulle het toe na Salt Lake City verhuis.
Motorbedryf
[wysig | wysig bron]Toe die American Locomotive Company (ALCO) besluit om na motors te diversifiseer, word Chrysler bestuurder daar. ALCO was nie so suksesvol daarmee nie en in 1911 word hy direkteur van Buick Motor Company. Twee jaar later het ALCO die motorbedryf verlaat. In 1919 word Chrysler direkteur van Willys-Overland, waar hy $ 1 000 000 per jaar verdien, 'n ongekende bedrag vir die tyd. Hy het egter John Willys, die man wat hom in diens geneem het, probeer verwyder met 'n oorname-bod, maar dit is deur die aandeelhouers afgewys. Hy het die maatskappy in 1921 verlaat.
Chrysler
[wysig | wysig bron]Walter Chrysler het toe die Maxwell Motor Company wat in finansiële moeilikheid was, oorgeneem en die motorhandelsmerk Maxwell geskrap. In 1925 stig hy Chrysler Corporation waarin hy Maxwell opgeneem het. Daarbenewens stig hy die handelsmerke Plymouth en DeSoto in Chrysler in 1928 en neem Dodge oor. In dieselfde jaar finansier hy die oprigting van die wêreld se grootste wolkekrabber: die Chrysler-gebou in New York. Reeds in 1928 word W. Chrysler Time tydskrif se "Persoon van die Jaar".
Latere jare
[wysig | wysig bron]Chrysler Corporation het tot een van die grootste motorgroepe in die Verenigde State gegroei en is in 1998 deur die Duitse Daimler-Benz, wat tot Oktober 2014 DaimlerChrysler geheet het, oorgeneem. Dit word sedertdien Fiat Chrysler Automobiles. Benewens Chrysler, behels die groep ook Ferrari, Maserati, Jeep, Dodge, Alfa Romeo, Fiat, Lancia en Ram Trucks. In Europa word die Fiat-logo op die Chryslermotors geplaas, Dodge word weer Fiat.
Chrysler het 'n outobiografie geskryf met die titel The Life of an American Workman. Hy is in 1940 in Long Island, New York, oorlede. Hy word begrawe in die Sleepy Hollow-begraafplaas in New York.
Literatuur
[wysig | wysig bron]Life of an American Workman, Walter Percy Chrysler, ISBN 1404780696.
Bibliografie
[wysig | wysig bron]- Chrysler, Walter P.; Sparkes, Boyden (1950) [1937], Life of an American Workman, New York, NY, USA: Dodd, Mead & Company. First printed as a serialization in the Saturday Evening Post, 1937, and privately printed in book form that year. Later republished in 1950 by Dodd, Mead & Company, New York, with a new postscript by collaborative author Boyden Sparkes.
- Curcio, Vincent (2000), Chrysler: The Life and Times of an Automotive Genius, New York, NY, USA: Oxford University Press, ISBN 978-0-19-507896-1, https://archive.org/details/chryslerlifetime00curc.
- Denslow, William R. (2004) [1957], 10,000 Famous Freemasons, Part One, Volume 1, from A to J (Paperback republication ed.), Kessinger Publishing, ISBN 978-1-4179-7578-5. Foreword by Harry S. Truman.
- Holl, Karin (1984), "Walter P. Chrysler, his German roots [German title: Kreißler-Chrysler, eine Auswanderungsgeschichte. Written in English and German."], Schatzungsregister des Kurpfälzischen Oberamtes Stromberg, 1683 und 1722 (Ludwigshafen am Rhein: Verlag der Arbeitsgemeinschaft Pfälzisch-Rheinische Familienkunde e.V.) 22, ISSN 0171-1512, archived from the original on 2009-10-27, https://web.archive.org/web/20091027212907/http://www.kreissler-chrysler.de/indexE.html, besoek op 2010-08-08
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Walter Chrysler.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Nederlandse Wikipedia vertaal.