Nieu-Seeland nasionale krieketspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Nieu-Seeland
Toetsland sedert 1930
Eerste Toets t Engeland te Lancaster Park, Christchurch
10–13 Januarie 1930
Kaptein in Toetse,
EDI en T20
Brendon McCullum
Afrigter Vlag van Nieu-Seeland Mike Hesson
Plek op IKR Toets- en EDI-ranglys 5de (Toetse)
6de (EDIs)
7de (T20Is)
Totale toetse
 – Hierdie jaar
399
1
Laaste toets teen Sri Lanka op 3-7 Januarie 2015
Wen/verloor
 – Hierdie jaar
80/160
1/0
Soos op 28 Februarie 2015

Die Nieu-Seelandse krieketspan, met die bynaam die "Black Caps", is die nasionale krieketspan wat Nieu-Seeland in toetse en kitskrieket verteenwoordig. Hulle het hul eerste toets in 1930 teen Engeland in Christchurch, Nieu-Seeland gespeel en daarmee die wêreld se vyfde toetsland geword. Die span kon eers in 1955-1956 'n toets wen, teen die Wes-Indiese Eilande op Eden Park in Auckland.[1] Hulle het hul eerste Internasionale eendagwedstryd in die 1972-1973 seisoen gewen teen Pakistan in Christchurch.

Die huidige toets-, eendag- en Twintig20-kaptein is Brendon McCullum. McCullum vervang Ross Taylor, wat Daniel Vettori opgevolg het nadat hy uitgetree het ná die 2011 Wêreldbekertoernooi. Vettori het Nieu-Seeland se suksesvolste kaptein, Stephen Fleming, wat Nieu-Seeland tot 28 toetsoorwinnings gelei het — meer as twee keer soveel as enige ander Nieu-Seelandse kaptein — vervang. Die nasionale span word bestuur deur Nieu-Seeland Krieket.

Die Nieu-Seelandse krieketspan het bekend geword as die "Black Caps" in Januarie 1998, nadat sy eertydse borg, Clear Communications, 'n kompetisie uitgeskryf het om 'n naam vir die span te kies. [2]

Soos op 12 Januarie 2015, het Nieu-Seeland reeds 399 toetse gespeel, 80 gewen, 160 verloor en 158 gelykop gespeel.[3]

Die span is tans in die vyfde plek op die IKR-toetsranglys, sesde op die eendagranglys, en 7de op die Twintig20-wêreldranglys.[4]

Verwysings[wysig]

  1. Bill Frindall (2009). Ask Bearders. BBC Books, 163. ISBN 978-1-84607-880-4. Besoek op 13 Junie 2011. 
  2. Anderson, Ian, "It's Clear Black Caps very dull", Waikato Times, 29 Januarie 1998, p. 12.
  3. ESPNcricinfo uitslae URL besoek op 28 Februarie 2015
  4. Reliance ICC Rankings”. URL besoek op 28 Februarie 2015.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.