Gaan na inhoud

BMW N74

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
   BMW N74-enjin
Oorsig
Vervaardiger BMW
Produksietyd 2008–tans
Konfigurasie 60° V12
Afmetings
Inhoudsmaat 6.0 - 6.7 L
Blok Aluminium
Kopstuk Aluminium
Stelsels
Klepwerking DOHC, met VVT
Brandstoftipe Petrol
Turboaanjaer Dubbelturbo
Plek in geskiedenis
Voorganger BMW N73

Die BMW N74 is 'n dubbelturbo V12-petrolenjin wat die N73 vervang het en sedert 2008 vervaardig word. Produksie sal in 2023 gestaak word.[1] Dit is BMW se eerste turboaangedrewe V12-enjin en word ook in verskeie Rolls-Royce-modelle gebruik.

Ontwerp[wysig | wysig bron]

In vergelyking met sy natuurlik-geaspireerde BMW N73-voorganger, beskik die N74 oor tweelingturbo-aanjaers. Die turboaanjaers is aan die buitekant van die enjin geleë en lewer 'n hupstootdruk van 11.6 psi (0.8 bar).[2]

Soos sy voorganger het die N74 direkte inspuiting, DOHC en veranderbare kleptydreëling (wat deur BMW dubbel-VANOS genoem word).[3] Die N74 het egter nie 'n veranderlike kleplig nie (wat deur BMW Valvetronic genoem word).[4]

Die N74 is BMW se eerste gebruik van 'n 8-gang outomatiese ratkas, in die vorm van die ZF 8HP90. [2]

Weergawes[wysig | wysig bron]

Enjin Verplasing Krag Wringkrag Jaar
N74B60 [5] 5972 cc 400 kW teen 5 250 rpm 750 Nm teen 1 500–5 000 rpm 2009 – hede
N74B66 6592 cc 420 kW teen 5 250 rpm 780 Nm teen 1 500–5 000 rpm 2009 – hede
465 kW teen 5 600 rpm 800 Nm teen 1 500–5 500 opm 2013 – hede
442 kW teen 5 250 rpm 840 Nm teen 1 500 rpm 2016 – hede
N74B66TU 449 kW teen 5 500 rpm 800 Nm teen 1 500 rpm 2016 – hede
N74B68 6749 cc 420 kW teen 5 250 rpm 900 Nm teen 1 500 rpm 2017-hede

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "BMW's biggest engine - the V12 - is safe until 2023". www.topgear.com. Besoek op 4 April 2019.
  2. 2,0 2,1 "2010 BMW 760Li – Second Drive – Car Reviews". www.caranddriver. Besoek op 12 Maart 2017.
  3. "Information on N74 engines". www.bmwheaven.com. Besoek op 11 Augustus 2017.
  4. "BMW N74 engine". www.australiancar.reviews. Besoek op 12 Maart 2017.
  5. Hans-Stefan Braun, Thomas Brüner, Klaus Hirschfelder, Uwe Hoyer, Horst Kellerer, Johann Schopp, Christian Schwarz: Der neue Zwölfzylinder-Ottomotor von BMW, in MTZ - Motortechnische Zeitschrift, November 2009, Volume 70, Issue 11, pp. 848