Gaan na inhoud

BMW N57

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
   BMW N57-enjin
Oorsig
Vervaardiger BMW
Produksietyd 2008-tans
Konfigurasie inlynsessilinder
Afmetings
Inhoudsmaat 3,0 L (2 993 cc)
Boorwydte 84 mm
Slaglengte 90 mm
Blok Aluminium
Kopstuk Aluminium
Stelsels
Klepwerking DOHC 4 kleppe per silinder
Brandstoftipe Diesel (DIN EN 590)
Turboaanjaer Enkel, tweeling of drieling met veranderlike geometrie
Brandstofstelsel gemenedrukbuis
brandstofinspuiting
Smeerstelsel Druksirkulasie
Verkoelingstelsel Waterverkoel
Bestuurstelsel Bosch
Enjinlewering
Kraglewering 150–280 kW
Wringkrag 450–740 Nm
Plek in geskiedenis
Voorganger BMW M57
BMW M67
Opvolger BMW B57

Die BMW N57 is 'n familie van turboaangejaagde inlynsessilinder-gemenedrukbuisbrandstofinspuiting dieselenjins. Die enjins gebruik turboaanjaers met veranderlike geometrie en Bosch piëso-elektriese inspuiters. [1] Die enjin het gesamentlik die M57 reguit-6 en M67 V8-enjins vervang. In 2015 is die N57 vervang met die B57-enjin, beginende met die G11 730d.

N57D30[wysig | wysig bron]

N57D30Ox het 1800 bar brandstofdruk, terwyl N57D30Tx 2000 bar brandstofdruk het. N57D30Ox gebruik 'n enkele turboaanjaer, terwyl N57D30Tx tweeling-turboaanjaers gebruik, en N57S gebruik drie turboaanjaers van verskillende grootte.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Direct Injection Spark Ignition Engine Combustion". Engine.kaist.ac.kr. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 November 2007. Besoek op 8 November 2011.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]