Portaal:Katte

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Tiffanie at cat show.jpgUncia uncia.jpgKurilian bobtail.JPGTiger calf Musei Capitolini MC1226.jpgUkrainian Levkoy cat.jpgServal in Tanzania.jpgPeterbald male Shango by Irina Polunina.jpg


Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se portaal oor katte

Felidae is die familie katagtiges. Hulle is die strengste vleisetende diere in die orde Carnivora. Die bekendste katagtige is die huiskat, wat sowat 10 000 jaar gelede met die mens begin assosieer het. Die familie sluit egter al die ander wilde katte, ook die groot katte soos die leeu, luiperd en jagluiperd, in. Die eerste katagtiges het sowat 25 miljoen jaar gelede hul verskyning gemaak.

Cscr-featured.svg Sterartikel

Katte

Die moeraskat (Felis chaus) is ’n kat wat in Asië voorkom, van Suid-Sjina in die ooste tot die Nyl-vallei in die weste. Dit word op die IUBN-rooilys as veilig aangedui aangesien dit wydverspreid voorkom, veral in Indië. Die getalle neem egter af in veral Egipte, die Kaukasus en Suidwes-, Sentraal- en Suidoos-Asië.

Lees verder . . .


Foto: Die moeraskat se kop is redelik breed en die ore lank. In die winter kom klein klossies hare aan die punte van die ore voor.

Soorte wildekatte

Katte

AcinonyxAcinonyx kurteniAmoer-luiperdAsiatiese wildekatCosta Ricaanse poemaEurasiese rooikatEuropese jaguarEuropese wildekatJagluiperdJaguarKlein gekolde katLeeuLuiperdMoeraskatNoordwes-Afrikaanse jagluiperdPoemaReusejagluiperdRooikatSiberiese tierSjinese bergkatSneeuluiperdSuider-Afrikaanse wildekatTierTierboskatTjololoToskaanse leeuVaalboskatWildekatWoestynkat

Het jy geweet?

  • Die Afrikaanse woord "kat" kom van Nederlands en stem ooreen met die naam in talle ander Europese tale: cat (Engels), cath (Wallies), gato (Spaans), chat (Frans), κάτια (kátia, Bisantynse Grieks), Katze (Duits), katė (Litaus), kissa (Fins), կատու (katoe, Armeens), kotka (Oud-Slawies), кошка (kosjka, Russies), ens.
  • Die vaalboskat (Felis silvestris lybica) is die voorvader van vandag se mak katte. Hulle is ’n subspesie van F. silvestris en dit lyk asof hulle ongeveer 131 000 jaar gelede afgestam het van ’n ander subspesie.
  • Die jagluiperd (Acinonyx jubatus) is die vinnigste landsoogdier en kan snelhede van tussen 112 en 120 km/h bereik oor kort afstande van ongeveer 450 meter. Hulle kan van 0-100 km/h versnel binne drie sekondes, wat vinniger is as die meeste supermotors.
  • Die Bengaalse kat is ’n relatief nuwe hibridiese huiskatras wat ’n kruising is tussen ’n huiskat en Asiatiese luiperdkat (Prionailurus bengalensis). Hulle het die kleurpatroon en lyf van ’n wilde kat, maar die sagte geaardheid van ’n huiskat, mits hulle minstens drie geslagte verwyder is van die oorspronklike luiperdkat.

Soorte huiskatte

Katte
  • Lang of halflang hare:

Amerikaanse kruloorkatAmerikaanse langhaarkatAmerikaanse stompstertkatBalinese katBritse langhaarkatBurmillaEgeïese katHeilige Birmaanse katJapannese stompstertkatJavanese katKimriese katKleurpunt-langhaarkatKoerile-stompstertkatLaPermMaine CoonManxMunchkinNebelungNoorse boskatOosterse langhaarkatPersiese katRagamuffinRagdollSelkirk-rexSiberiese katSkotse vouoorkatSomaliese katTurkse angoraTurkse van

  • Kort hare:

Abessiniese katAmerikaanse draadhaarkatAmerikaanse korthaarkatAmerikaanse kruloorkatAmerikaanse stompstertkatAsiatiese katAustraliese sluierkatBengaalse katBirmaanse katBombaaikatBrasiliaanse korthaarkatBritse korthaarkatBurmillaChartreuxChausieCheetohCorniese rexDevon-rexDragon LiDuitse rexEgiptiese mauEksotiese korthaarkatEuropese korthaarkatHavana-bruinkatJapannese stompstertkatKoerile-stompstertkatKoratLaPermManxMunchkinOcicatOosterse korthaarkatOregon-rexPixie-bobRussiese bloukatRussiese wit-, swart- en streepkatSavannekatSelkirk-rexSerengeti-katSiamese katSingapuraSkotse vouoorkatSnowshoeSokokeThaise katTonkanese katToyger

  • Geen hare:

BambinoDon-sfinksMinskinOekraïnse lefkoiPeterbaldSfinkskat

Cscr-featured.svg Sterfoto

Katte

Die poema (Puma concolor), voorheen bekend as die bergleeu, is ’n soogdier uit die Felidae-familie, wat eie aan die Amerikas voorkom. Hierdie groot, enkellopende katsoort het die grootste omvangsgebied van al die groot wilde landsoogdiere in die Westelike Halfrond.

Meer oor die poema . . .

Meer oor die huiskat

Die huiskat is een van die oudste troeteldiere van die mens. Dit is ’n klein, gewoonlik harige, vleisetende soogdier wat tot die biologiese familie Felidae behoort. Lees meer . . .

Klein wildekat van Suider-Afrika

Die klein gekolde kat of swartpootwildekat (Felis nigripes) is 'n klein wildekat wat voorkom in Suid-Afrika, Namibië, Botswana en gedeeltelik in Zimbabwe. Die kleur varieer van gelerige kaneelbruin in die suide van die streke waarin hy voorkom tot ligte geelbruin in die noorde met verspreide strepe en kolle. Agter op die nek en rug is vier swart strepe waarvan die buitenste twee afdraai oor die skouers. Dié strepies is dikwels verdeel in korter strepies of kolle. Die stert is kort en om die keel is drie ringe. Dié kat is kleiner as die vaalboskat en die strepe en kolle is duideliker. Die mannetjies (1,5–1,7 kg) is effens swaarder as die wyfies (1–1,4 kg). Lees verder . . .