Francesco Petrarca

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Francesco Petrarca
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Francesco Petrarca
Skildery deur Andrea del Castagno, fresko op hout, omstreeks 1450. Gallerie degli Uffizie, Florence

Gebore (1304-07-20)20 Julie 1304
Arezzo, Toskane, Italië
Oorlede 19 Julie 1374 (op 69)
Arquà Petrarca, Veneto, Italië
Nasionaliteit Italiaans
Ouers Eletta Canigiani (moeder)
Ser Petracco (vader)
Beroep digter, geleerde, historikus
Kind(ers) Giovanni (1337–1361)
Francesca (gebore in 1343)

Francesco Petrarca [franˈtʃesko peˈtrarka] (* 20 Julie 1304 in Arezzo, Toskane; † 19 Julie 1374 in Arquà Petrarca, Veneto) was 'n Italiaanse digter, geleerde en historikus wat as een van die grondleggers van die humanistiese beweging in die Renaissance-tydperk en – saam met Dante Alighieri en Giovanni Boccaccio – as een van die belangrikste verteenwoordigers van vroeë Italiaanse literatuur beskou word. Na hierdie drie digters en skrywers word dikwels verwys as die "Drie Florentynse krone" (Tre corone fiorentine) van die Italiaanse letterkunde.[1][2]

Petrarca word vandag nie net vereer as Italiaanse digtervors nie, maar ook as die grootste geleerde van sy tyd. Sy wetenskaplike ingesteldheid en ywer was, net soos sy verering vir klassieke outeurs uit die antieke tydperk, die aanleiding vir gereelde navorsingsreise waartydens hy onder meer besoek gebring het aan geleerdes en kloosterbiblioteke om klassieke manuskripte op te spoor.

Na Petrarca is die sogenaamde petrarkisme genoem, 'n stroming binne die Europese liefdesliriek wat tot in die 17de eeu veral in Frankryk en Engeland gefloreer het, geïnspireer deur Petrarca se digkuns wat aan Laura, sy geïdealiseerde geliefde, gerig is.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Treccani – La Cultura Italiana: La grande bellezza delle Tre Corone di Giuseppe Patota. Besoek op 25 Desember 2018
  2. David Thompson: The Three Crowns of Florence: Humanist Assessments of Dante, Petrarca and Boccaccio . New York: Harper & Row 1972

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]