Millennium-stadion
Millennium-stadion Stadiwm y Mileniwm | ||
Die West Stand van die Millennium-stadion
| ||
Ligging | Westgatestraat, Cardiff, Wallis | |
---|---|---|
Koördinate | 51°28′41″N 3°10′57″W / 51.47806°N 3.18250°W | |
Eienaar | Walliese Rugbyunie | |
Operateur | Walliese Rugbyunie | |
Kapasiteit | 74 500[1] | |
Oppervlak | Gras (1999–2014) Desso (2014–hede)[2] | |
Konstruksie | ||
Gebou | 1997 | |
Geopen | 26 Junie 1999[3] | |
Boukoste | £121 miljoen | |
Argitek | Bligh Lobb Sportargitektuur, WS Atkins[4] | |
Huurders | ||
Walliese Rugbyunie (nasionale rugbyspan) Voetbalvereniging van Wallis (nasionale sokkerspan) |
Die Millennium-stadion (Wallies: Stadiwm y Mileniwm), tans die Prinsdom-stadion (Wallies: Stadiwm Principality) genoem weens borgskapredes, is die nasionale stadion van Wallis. Dit is die tuisveld van die Walliese nasionale rugbyspan en bied ook op ’n gereelde grondslag wedstryde van die Walliese nasionale sokkerspan aan. Dit is aanvanklik gebou om deel te wees van die Rugbywêreldbeker 1999 en het sedertdien talle grootskaalse gebeure gehuisves, waaronder die Tsoenami-verligtingskonsert, die Super Special-fase van die Walliese Veldren Groot-Brittanje, die Speedway Grand Prix van Groot-Brittanje en talle musiekkonserte.
Die Millennium-stadion word besit deur Millennium-stadion plc wat ’n filiaalmaatskappy van die Walliese Rugbyunie (WRU) is.[2] Die stadion is ontwerp deur ’n span wat gelei is deur Bligh Lobb Sportargitektuur wat vroeg in 2009 hernoem is na Populous. WS Atkins was die strukturele ingenieurs en Laing O’Rourke die boukontrakteur. Die totale konstruksiekoste van die stadion was £121 miljoen[5] waarvan die Millennium-kommissie £46 miljoon befonds het.[6]
Die stadion is in Junie 1999 geopen[3] en die eerste groot gebeurtenis wat plaasgevind het was ’n internasionale rugbywedstryd op 26 Junie 1999 tussen Wallis en Suid-Afrika in ’n vriendskaplike wedstryd waarin Wallis met 29–19 geseëvier het voor ’n skare van 29 000.[7] Met ’n totale kapasiteit van 74 500 is dit die derde grootste stadion in die Sesnasies-toernooi na Stade de France en Twickenham. Dit is voorts ook die tweede grootste stadion ter wêreld met ’n uitskuifbare dak en dit was die tweede stadion in Europa met hierdie funksie.[8][9]
Wedstryde
[wysig | wysig bron]Jaar | Wedstryd | Span | Telling | Span 2 | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|
1999 | Poel D | Wallis | 23–18 | Argentinië | 72 500 |
Wallis | 64–15 | Japan | 72 500 | ||
Wallis | 31–38 | Samoa | 70 849 | ||
Argentinië | 33–12 | Japan | 36 000 | ||
Kwarteindstryd 2 | Wallis | 9–24 | Australië | 74 499 | |
Derde plek | Suid-Afrika | 22–18 | Nieu-Seeland | 50 000 | |
Eindstryd | Australië | 35–12 | Frankryk | 72 500 | |
2007 | Poel B | Wallis | 20–30 | Australië | 71 022 |
Fidji | 29–16 | Kanada | 45 000 | ||
Wallis | 72–18 | Japan | 35 245 | ||
Kwarteindstryd 2 | Nieu-Seeland | 18–20 | Frankryk | 71 669 | |
2015 | Poel A | Wallis | 54–9 | Uruguay | 71 887 |
Australië | 28–13 | Fidji | 67 253 | ||
Wallis | 23–13 | Fidji | 71 576 | ||
Poel C | Nieu-Seeland | 43–10 | Georgië | 69 167 | |
Poel D | Ierland | 50–7 | Kanada | 68 523 | |
Frankryk | 9–24 | Ierland | 72 163 | ||
Kwarteindstryd 2 | Nieu-Seeland | 62–13 | Frankryk | 71 619 | |
Kwarteindstryd 3 | Ierland | 20–43 | Argentinië | 72 316 |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Information : About the Venue : Facts & Figures" (in Engels). Millennium Stadium. 12 Mei 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Julie 2015. Besoek op 17 Julie 2013.
- ↑ 2,0 2,1 "End of an era, as Heineken Cup final between Toulon and Saracens marks last game on grass at the Millennium Stadium" (in Engels). Welsh Rugby Union. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Februarie 2009. Besoek op 11 September 2015.
- ↑ 3,0 3,1 "Millennium-stadion Inligting" (in Engels). Millennium-stadion. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Julie 2015. Besoek op 28 Augustus 2008.
- ↑ (en) "Om die wow-faktor reg te kry". Federasie van Meesterbouers. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2007. Besoek op 28 Augustus 2008.
- ↑ "Die ekonomiese impak van die Millennium-stadion" (in Engels). Cardiff-stadsraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Oktober 2013. Besoek op 7 September 2008.
- ↑ (en) "Millennium-projekte open in Wallis en Noord-Ierland". Millennium-kommissie. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2009. Besoek op 24 Augustus 2008.
- ↑ "Millennium-stadion vier vyfde herdenking" (in Engels). NewsWales. 25 Junie 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2012.
- ↑ "Feite oor Wallis en die Walliesers (40. Cardiff het die wêreld se grootste uitskuifbare dak)" (in Engels). Britannia.com, LLC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Oktober 1999. Besoek op 7 September 2008.
- ↑ "Oor Millennium-stadion" (in Engels). Millennium-stadion plc. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Julie 2008. Besoek op 24 Augustus 2008.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Millennium-stadion.
- (en) Die Millennium-stadion se amptelike webwerf