Eenvoudige Engelse Wikipedia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Simple English Wikipedia
(Eenvoudige Engelse Wikipedia)
Wikipedia-logo-simple.png
Simple English Wikipedia screenshot.png
Tipe webblad Wiki
Taal(e) Engels
Registrasie Opsioneel
Eienaar Wikimedia Stigting
Huidige status Aktief
URL simple.wikipedia.org

Die Simple English Wikipedia (Afrikaans: Eenvoudige Engelse Wikipedia) is 'n Engelse uitgawe van Wikipedia, 'n gratis aanlyn ensiklopedie, wat in eenvoudige taal geskryf is.[1] Die doel hiervan is om aan die behoeftes van studente, kinders, persone met verstandelike gestremdhede en mense wat Engels probeer aanleer te voorsien.[2]

Artikels is gewoonlik korter as hulle ekwivalente in die Engelse Wikipedia en bevat tipies slegs basiese inligting: "the Simple English version tends to stick to commonly accepted facts".[3] Die webwerf se koppelvlak is ook vereenvoudig. As voorbeeld word "Random article" (lukrake bladsy) aangebied as "Show Any Page" (Wys enige blad).[4] Die projek gebruik ongeveer 2000 algemene Engelse woorde,[1] en is gebaseer op Basic English, 'n 850-woord internasionale hulptaal wat in die 1920's deur Charles Kay Ogden opgestel is.[3] Materiaal vanaf hierdie wikipedia vorm die basis vir die Een Ensiklopedie Per Kind (One Encyclopedia per Child) projek.[5][6]

Die wikipedia het tans 109 305 artikels.

Voorbeeld[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 Parris, Sheri R. (2009). Adolescent Literacy, Field Tested: Effective Solutions for Every Classroom. International Reading Assoc., 76. ISBN 0872076954. “A version of Wikipedia, called Simple English Wikipedia, contains entries using the 2,000 or so most common words in English and is well suited for younger readers.” 
  2. Simple English Wikipedia (2009). “Simple English Wikipedia”. Wikimedia Foundation. URL besoek op 2009-05-17.
  3. 3,0 3,1 Tim Dowling (January 14, 2008). “Wikipedia too long-winded for you? Try the simple version”. The Guardian. URL besoek op 2009-05-17.
  4. (2008) How Wikipedia works: and how you can be a part of it. No Starch Press, 417. 
  5. One Encyclopedia Per Child”. Wiki.laptop.org. URL besoek op 2009-07-29.
  6. (2008) Encyclopedia of Information Technology Curriculum Integration. Idea Group Inc (IGI), 544. ISBN 1599048817. 

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: