Engelse Wikipedia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Engelse Wikipedia
Wikipedia-logo-v2-en.svg
English Wikipedia screenshot.png
Tipe webblad Wiki
Taal(e) Engels
Registrasie Opsioneel
Eienaar Wikimedia Stigting
Opgerig 15 Januarie 2001
Huidige status Aktief
URL en.wikipedia.org
Vergelyking met ander Wikipediauitgawes
Oorsprong van die artikel
Lande waar die Engelse Wikipedia die belangrikste weergawe is
Top 25 lande volgens oorsprong van die gebruikers

Die Engelse weergawe van Wikipedia was die eerste uitgawe van hierdie aanlyn ensiklopedie en word op 15 Januarie 2001 begin.[1] Na omtrent vyf jaar word die miljoenste artikel in Maart 2006 geskep. Hiermee laat hulle die ander Wikipedias, soos die Duitse, Franse en die Nederlandse Wikipedias, ver agter.[2] Slegs 'n half jaar later, op 9 September 2007 bereik die Engelstalige Wikipedia reeds hulle twee miljoenste artikel en op 17 Augustus 2009 bereik die Engelstalige Wikipedia reeds hulle drie miljoenste artikel.

Watter dialek van Engels?[wysig]

Een van die twispunte op die Engelse Wikipedia is oor watter variëteit van Engels voorkeur moet geniet. Die mees voor die hand liggende kandidate is Amerikaanse Engels, Britse Engels en Internasionale Engels. Daar word besluit dat die dialek wat by die artikel sal pas voorkeur moet geniet. So sal Kanadese artikels in Kanadese Engels geskryf word, en sal Internasionale Engels meer geskik wees vir algemene artikels. Ongeag van die tipe Engels, moet die hele artikel konsekwent in dieselfde styl geskryf word.[3]

Vergelyking met ander ensiklopedieë[wysig]

In 2005 doen die wetenskaplike tydskrif Nature 'n vergelykende studie om die kwaliteit van die Engelstalige Wikipedia ten opsigte van die Britannica ensiklopedie te bepaal. Uit die ondersoek blyk dit dat wetenskaplike artikels in Wikipedia en Brittanica gemiddeld vier groot foute bevat, 162 klein foutjies word in Wikipedia gevind, maar slegs 123 word in die Brittanica gevind[4].

Tydslyn[wysig]

Aantal artikels:

Datum Aantal artikels
15 Januarie 2001 amptelike installasie
16 Januarie 2001 eerste operasie
21 Januarie 2003 100 000
2 Februarie 2004 200 000
20 April 2004 250 000
7 Julie 2004 300 000
20 November 2004 400 000
17 Maart 2005 500 000
18 Junie 2005 600 000
25 Augustus 2005 700 000
29 September 2005 750 000
1 November 2005 800 000
4 Januarie 2006 900 000
1 Maart 2006 1 000 000
9 September 2007 2 000 000
17 Augustus 2009 3 000 000
13 Julie 2012 4 000 000
22 Oktober 2014 huidige stand

Aantal artikels op hierdie oomblik[wysig]

Voorbeeldartikel[wysig]

  • 'n Voorbeeld van 'n Engelse artikel: Afrikaans.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Engelse Wikipedia (kategorie)