7 September
Voorkoms
<< | September 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | |||||
Al die dae |
7 September is die 250ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (251ste in skrikkeljare). Daar volg nog 115 dae.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 878 – Pous Johannes VIII kroon Lodewyk II as koning van die Franke.
- 1159 – Pous Alexander III volg Pous Adrianus IV op.
- 1191 – Saladin word tydens die derde kruistog in die Slag van Arsuf verslaan.
- 1303 – Pous Bonifatius VIII word gevange geneem deur Guillaume de Nogaret en Sciarra van Colonna.
- 1714 – Die Bekragtiging van die Rastatter Vrede by 'n vredeskongres in Baden im Aargau beëindig die Spaanse Opvolgingsoorlog.
- 1818 – Karel III van Swede word as koning van Noorweë gekroon.
- 1822 – Brasilië verklaar onafhanklikheid van Portugal.
- 1940 – Die Blitz begin toe Nazi-Duitsland bomme op Londen laat val in die eerste van 57 opeenvolgende nagte van bombardering.
- 1974 - Die Lusaka-ooreenkoms tussen FRELIMO en die nuwe Portugese regering word onderteken. Daarvolgens onderneem Portugal om onafhanklikheid aan Mosambiek toe te ken.
- 1974 - Die Lusaka-ooreenkoms veroorsaak dat Portugese burgers in opstand kom in Lourenço Marques, Mosambiek. Die middestade en hawe word oorgeneem.
- 1977 – Verdrae tussen Panama en die VSA oor die status van die Panama-kanaal word geteken. Die VSA stem toe om beheer oor die kanaal oor te dra aan Panama teen die einde van die 20ste eeu.
- 1986 – Desmond Tutu word die eerste swart Aartsbiskop van Kaapstad en leier van die Anglikaanse kerk in Suid-Afrika.
- 1992 – In Bhisho in die voormalige Ciskei tuisland van Suid-Afrika sterf 24 mense en word 150 beseer toe soldate vyf minute lank blindelings op 'n 50 000-sterk ANC-betoging onder leiding van Cyril Ramaphosa skiet.
- 1997 – Prinses Diana van Wallis word in die Verenigde Koninkryk begrawe.
- 1997 – Die eerste toetsvlug van die Lockheed Martin F-22 Raptor vind plaas.
- 1998 – Google Inc. word gestig.
- 1999 – 'n Groot aardbewing in Athene, Griekeland laat enkele geboue ineenstort en 150 mense sterf.
- 2007 – Die sesde Rugbywêreldbeker begin in Frankryk.
- 2010 – Israel sluit by die OESO aan.
- 2021 – Bitcoin word wettige betaalmiddel in El Salvador.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1533 – Koningin Elizabeth I van Engeland († 1603).
- 1756 – Willem Bilderdijk, Nederlandse geskiedkundige, digter en advokaat. († 1831).
- 1801 – Sarel Cilliers, Voortrekkerleier († 1871).
- 1850 – Henry Barber, grootwildjagter, ontdekkingsreisiger en sakeman († 1920).
- 1869 – Genl. Ben Viljoen, Boereoorlogstryder († 1917).
- 1884 – Lydia van Niekerk, eerste Afrikaanse vrou wat 'n professor geword het op Stellenbosch († 1929).
- 1908 – Michael DeBakey, bekende hartchirurg wat die hartvatomleidingchirurgie ontwikkel het († 2008).
- 1914 – James van Allen, Amerikaanse ruimtewetenskaplike († 2006).
- 1930 – Yuan Longping, Chinese onderwyser en landboukundige († 2021).
- 1939 – Stanislav Petrov, Sowjetse luitenant-kolonel († 2017).
- 1948 – Khalifa bin Zayed Al Nahayan, President van die Verenigde Arabiese Emirate sedert 2004 († 2022).
- 1963 – Carel van der Merwe, Suid-Afrikaanse skrywer, historikus en sakeman.
- 1965 – Angela Gheorghiu, Roemeense sopraan.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 885 – Pous Adrianus III, die 109de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (Waarskynlik, volgens die vasstelling van Pous Leo XIII) (* onbekend).
- 1910 – William Holman Hunt, Engelse skilder (* 1827).
- 1951 – Maria Montez, Dominikaans-Franse aktrise (* 1912).
- 1960 – Wilhelm Pieck, Duitse politikus, President van Oos-Duitsland (* 1873).
- 1971 – Spring Byington, Amerikaanse aktrise (* 1886).
- 1975 – M.E.R., Afrikaanse skrywer (* 1875).
- 1978 – Cecil Aronowitz, Suid-Afrikaansgebore altviolis (* 1916).
- 1994 – Dennis Morgan, Amerikaanse akteur (* 1908).
- 1996 – Bibi Besch, Amerikaanse aktrise (* 1942).
- 1997 – Mobutu Sese Seko, Kongolese militêre offisier en politikus, President van Zaïre/DRK (* 1930).
- 2001 – Billie Lou Watt, Amerikaanse aktrise en stemkunstenaar (* 1924).
- 2004 – Beyers Naudé, teoloog, anti-apartheidsrolspeler in Suid-Afrika (* 1915).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met 7 September. |