Asiatiese Krieketraad
Asiatiese Krieketraad | |
---|---|
Kenteken van die Asiatiese Krieketraad
| |
Engelse naam | Asian Cricket Council |
Afkorting | ACC |
Vasteland | Asië |
Lede | 25 |
Sportsoort | Krieket |
Gestig op | 19 September 1983 |
Gestig in | Nieu-Delhi, Indië |
Sambreelorganisasie | Internasionale Krieketraad |
President | Jay Shah |
Setel | Colombo, Sri Lanka |
Amptelike taal | Engels |
Amptelike webwerf | asiancricket.org |
Die Asiatiese Krieketraad (Engels: Asian Cricket Council, afgekort “ACC”) is die kontinentale beheerliggaam vir krieket in Asië. Hulle is ook een van die Internasionale Krieketraad (IKR) se vyf kontinentale konfederasies.[1] Die konfederasie is op 19 September 1983 in Nieu-Delhi, Indië, gestig en hulle hoofkantoor is in Colombo, Sri Lanka, geleë. Die amptelike taal is Engels en Jay Shah dien tans as die president van die Asiatiese Krieketraad.
Die Asiatiese Krieketraad is op 19 September 1983 in Nieu-Delhi, Indië, gestig deur Bangladesj Indië, Maleisië, Pakistan, Singapoer en Sri Lanka. Later het onder andere Hongkong, die Verenigde Arabiese Emirate en Nepal aangesluit.[2]
Die Asiatiese Krieketraad organiseer verskeie vastelandse toernooie, insluitend die Asiatiese Beker vir nasionale seniorkrieketspanne vir mans, vroue en jeug. Dit organiseer ook die vastelandse kwalifiserings vir die IKR se internasionale toernooie.
Lidlande
[wysig | wysig bron]Die Asiatiese Krieketraad het tans 25 lede:[3]
- Afghanistan (ACB)
- Bahrein
- Bangladesj (BCB)
- Bhoetan
- Hongkong (CHK)
- Indië (BCCI)
- Iran
- Kambodja
- Katar
- Koeweit
- Maleisië
- Maledive
- Mianmar
- Mongolië
- Nepal (CAN)
- Oesbekistan
- Oman (OC)
- Pakistan (PCB)
- Saoedi-Arabië
- Singapoer
- Sri Lanka (SLC)
- Tadjikistan
- Thailand
- Verenigde Arabiese Emirate (ECB)
- Volksrepubliek China
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Global Map". Internasionale Krieketraad. Besoek op 19 Desember 2023.
- ↑ (en) "Formation Of The ACC". Asiatiese Krieketraad. Besoek op 19 Desember 2023.
- ↑ (en) "The ACC Members Contacts". Asiatiese Krieketraad. Besoek op 19 Desember 2023.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- (en) Amptelike webwerf