Lord’s
Lord’s-krieketveld | ||
Bynaam | Lord’s | |
---|---|---|
Volle naam | Lord’s-krieketveld | |
Ligging | St. John’s Wood, Londen | |
Koördinate | 51°31′45.84″N 0°10′21.72″W / 51.5294000°N 0.1727000°W | |
Eienaar | Marylebone Krieketklub (1814–hede) Middlesex (1877–hede) | |
Kapasiteit | 30 000[1] | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Gebou | 1814 | |
Huurders | ||
Engelse nasionale krieketspan |
Die Lord’s-krieketveld (afgekort as Lord’s) is 'n bekende krieketstadion in St John's Wood, 'n wyk in die Engelse hoofstad Londen. Die stadion bied sitplek vir 30 000 toeskouers en word deur die Marylebone Krieketklub (MCC) besit. Lord’s word dikwels The Home of Cricket ("die tuiste van krieket") genoem.[2]
Lord’s is ook die tuiste van die Engelse en Walliese Krieketraad (ECB) sowel as die Europese Krieketraad (ECC). Dit is die tuiste van die Internasionale Krieketraad (IKR) se hoofkantoor, maar die IKR se administratiewe kantore is in 2005 na Doebai verskuif.
Die oudste sportmuseum ter wêreld is op Lord’s geleë en huisves onder ander die bekende urn van Die As-kompetisie.[3]
Behalwe krieket kan hier ook ander sportsoorte soos bofbal, tennis en boogskiet beoefen word. Byvoorbeeld is Lord’s tydens die 2012-Olimpiese Spele vir boogskiet ingespan.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Oor die jare was daar al drie Lord’s-krieketvelde. Die oorspronklike een in deur Thomas Lord in 1787 op Dorset Square in Marylebone ('n wyk in Londen) gestig. Die eerste gewone krieketwedstryd wat op Lord’s gespeel is, was 'n jaarlikse wedstryd tussen die skole Eton College en Harrow School in 1805. In 1810 is Lord’s na 'n park verplaas, en in 1814 moes hulle weer trek omdat daar 'n kanaal gegrawe moes word. Sedert 1814 is Lord’s op sy huidige plek.
Die eerste toetswedstryd wat hier gespeel is, het op 21 Julie 1884 tussen Engeland en Australië plaasgevind. Die eerste internasionale eendagwedstryd (EDI) het op 26 Augustus 1972 tussen Engeland en Australië plaasgevind. Lord’s is al tydens vyf krieketwêreldbekertoernooie vir wedstryde ingespan: in 1975, 1979, 1983, 1999 en 2019. Vervolgens is op Lord’s vyf krieketwêreldbekereindstryde aangebied, meer as op enige ander krieketveld.[4] In 2009 is die veld vir die IKR se WêreldTwintig20 gebruik en het dit ook die eindstryd tussen Pakistan en Sri Lanka aangebied.
Wedstryde
[wysig | wysig bron]Krieketwêreldbeker 1975
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Krieketwêreldbeker 1975.
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om veldwerk eerste te doen.
Krieketwêreldbeker 1979
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Krieketwêreldbeker 1979.
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Krieketwêreldbeker 1983
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Krieketwêreldbeker 1983.
t
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Krieketwêreldbeker 1999
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Krieketwêreldbeker 1999.
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
T20I-wêreldbeker 2009
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: T20I-wêreldbeker 2009.
t
|
||
- Nederland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Krieketwêreldbeker 2019
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Krieketwêreldbeker 2019.
t
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Fotogalery
[wysig | wysig bron]-
'n Wedstryd op Lord’s.
-
Die futuristiese mediasentrum.
-
Lord’s-pawiljoen, 'n ou gebou uit 1880, later herbou.
-
Engeland teen Nieu-Seeland in Mei 2004.
-
Die Sri Lankaanse Lasith Malinga boul teen die Pakistanse Shahid Afridi tydens die T20I-wêreldbeker 2009 se eindstryd op Lord’s
-
Lord’s tydens die Olimpiese Somerspele 2012.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "The many shapes of England's cricket stadiums". BBC. Besoek op 18 Desember 2021.
- ↑ (en) "Lord's". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Desember 2021.
- ↑ (en) "MCC Museum – Geskiedenis". Lord’s. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Februarie 2007.
- ↑ (en) "Lord's to host record 5th final in 2019 World Cup". India TV. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2019. Besoek op 22 Julie 2019.
- ↑ (en) "Australia v West Indies". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Desember 2021.
- ↑ (en) "India defy the odds". ESPNcricinfo. 2 Junie 2008. Besoek op 18 Desember 2021.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Lord’s. |
- (en) Lord's se amptelike webtuiste
- (en) Lord’s op ESPNcricinfo
- (en) "Lord's Cricket Ground". Encyclopædia Britannica. Besoek op 18 Desember 2021.