Oekraïense lefkoi
Oekraïnse lefkoi | ||||
Land | Oekraïne | |||
Ontstaan | Kruisras | |||
Soort lyf | Middelmatig tot lank | |||
Pels | Haarloos | |||
Patroon | Alle kleure | |||
Wetenskaplike naam | ||||
Felis catus (huiskat) | ||||
|
Die Oekraïense lefkoi (Oekraïens: Український левкой) is ’n haarlose katras met ore wat na die binnekant toe vou.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die Oekraïense lefkoi is ’n nuwe katras wat van 2000 af in die Oekraïne ontwikkel is deur die haarlose Don-sfinks en Skotse vouoorkatte te kruis. Ook Oosterse en huiskatte is gebruik om die lefkoi se besonderse voorkoms te verkry. Die kat is in 2005 in die Oekraïne erken en in 2010 in Rusland.
Beskrywing
[wysig | wysig bron]Die katte het geen of min hare. Die lyf is middelmatig tot lank, gespierd en slank. Die bene is taamlik lank met ’n goeie beenstruktuur. Die kop is wigvormig en die oë groot en skuins. Die ore is groot en sit hoog teen die kop, en ½ tot ⅓ van elke oor moet na die voorkant toe omvou sonder om aan die kop te raak. Alle kleure word aanvaar.
Die lefkoi is ’n vriendelike, spelerige en intelligente kat en kom goed met mense oor die weg.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- The International Cat Fanciers' Association, Oekraïne)
- Inligting oor die lefkoi
- Geskiedenis en standaarde (ru)
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oekraïense lefkoi.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia