Sarong

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Javaanse mans dra sarongs tydens godsdienstige of informele geleenthede. Surabaya, Oos-Java, Indonesië.

'n Sarong of sarung (Maleis: saroŋ, Indonesies: saruŋ, wat "skede" beteken) is 'n groot buis of lengte van tekstiel, dikwels toegedraai rondom die middellyf, gedra in Suid-Asië, Suidoos-Asië, die Arabiese Skiereiland, Oos-Afrika,[1] en op baie Stille oseaan-eilande.

Die stof is dikwels in geruite patrone geweef, of kan helderkleurig wees deur middel van batik of ikat kleursel. Baie moderne sarongs het gedrukte ontwerpe, dikwels met die uitbeelding van diere of plante. Die sarong is soortgelyk aan die lungi van Suid-Indië en die izaar van die Arabiese Skiereiland.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.