Suidoos-Asië
Suidoos-Asië
Oppervlak | 4 493 944 km² |
---|---|
Bevolking | 641 775 797 (2016) |
Lande | 11 |
Tale | Austro-Asiaties, Austronesies, Sino-Tibettaans, Tai-Kadai en baie ander |
Tydsones | UTC+06:30 (Mianmar) tot UTC+09:00 (Oos-Indonesië) |
Hoofstede | Bandar Seri Begawan Bangkok Dili Djakarta Hanoi Kuala Lumpur Manila Naypyidaw Phnom Penh Singapoer Vientiane |
Suidoos-Asië is 'n geografiese gebied in die suidooste van Asië tussen die Indiese Oseaan in die suidweste en die Stille Oseaan in die noordooste. Dit is in die suide van China, in die ooste van Indië, in die weste van Nieu-Guinee en in die noorde van Australië geleë. Suidoos-Asië bestaan uit die vasteland van Indo-China, Thailand en Mianmar, die Maleise Skiereiland en die Maleise argipel (bestaande uit die eilande van die Filippyne, die Molukke en die Soenda-eilande). Met 'n landoppervlak van ongeveer 4,5 miljoen km² strek die gebied oor 35 lengte- en 50 breedtegrade. Behalwe vir Oos-Timor is al die lande lede van die ASEAN.
Onafhanklike lande
[wysig | wysig bron]Afhanklike gebiede
[wysig | wysig bron]- Andaman- en Nicobar-eilande (Indië)
- Kerseiland (Australië)
- Kokoseilande (Australië)
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Suidoos-Asië.
- (en) "Southeast Asia". Encyclopædia Britannica. Besoek op 17 Maart 2018.
Gebiede van die Wêreld | |||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
| ||||||||||||||||||||||||
Sien ook Kontinente van die wêreld |