in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
13 Desember is die 347ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (348ste in skrikkeljare). Daar volg nog 18 dae in die res van die jaar .
- 872 – Pous Johannes VIII volg Pous Adrianus II op.
- 1294 – Pous Celestinus V tree af.
- 1545 – Eerste sitting van die konsilie van Trente.
- 1577 – Sir Francis Drake begin om die wêreld te vaar vanaf Plymouth, Engeland.
- 1642 – Abel Janszoon Tasman bereik Nieu-Seeland.
- 1705 – Pous Clemens XI verklaar Sancha van Portugal heilig.
- 1741 – Pous Benedictus XIV verklaar Pedro González heilig.
- 1813 – Zwarte Berg in die Wes-Kaap word hernoem na Caledon, ter ere van Du Pré Alexander, graaf van Caledon.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Nooitgedacht vind plaas.
- 1905 – Die Afrikaanse Taalgenootskap word in Pretoria onder leiding van Gustav Preller gestig.
- 1937 – Nanjing-menseslagting: Die Keiserlike Japannese Weermag begin verskeie maande van plundery, verkragting en moord in Nanjing, China.
- 1949 – Die Knesset stem toe dat die hoofstad van Israel na Jerusalem toe verskuif word.
- 1959 – Aartsbiskop Makarios word die eerste president van Ciprus.
- 1961 – Ten minste 15 mense verdrink in Potchefstroom na 'n hewige reën- en haelstorm.
- 1972 – Eugene Cernan klim in die maanmodule en word sodoende die laaste man wat op die maan geloop het.
- 1974 – Malta word 'n republiek.
- 1980 – Peter Mathebula word Suid-Afrika se eerste swart wêreldbokskampioen toe hy vir Kim Tae-shik van Suid-Korea klop op punte.
- 1981 – Generaal Wojciech Jaruzelski verklaar krygswet in Pole.
- 1996 – Kofi Annan word as die Sekretaris-Generaal van die Verenigde Nasies verkies.
- 2002 – Die Europese Unie kondig die lidmaatskap van tien nuwe lande aan: Ciprus, Tsjeggië, Estland, Hongarye, Letland, Litaue, Malta, Pole, Slowakye en Slowenië.
- 2003 – Die voormalige president van Irak, Saddam Hoessein word gevange geneem naby aan sy tuisdorp Tikriet.
- 2004 – Foto's deur Cassini-Huygens wys dat die helder strepe en slierte op die Saturniese maan Dione se oppervlak ys-agtige afgronde is, veroorsaak deur tektoniese breuke in die maan se kors.
- 2020 – Die grootste tot nog toe data-skending van federale regering instellings in die Verenigde State word openbaar gemaak.
- 1521 – Felice Peretti da Montalto (later Pous Sixtus V), die 227ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1590).
- 1533 – Koning Eric XIV van Swede.
- 1553 – Koning Henri IV van Frankryk.
- 1816 – Werner von Siemens, Duitse ingenieur, uitvinder en industrialis († 1892).
- 1854 – Thomas Watson, pionier van die telefoon († 1934).
- 1887 – Leila Reitz, eerste vrou in Suid-Afrika se Volksraad († 1959).
- 1905 – Hendrik Bernardus Thom, 'n bekroonde Afrikaanse skrywer en historikus († 1983).
- 1906 – Laurens van der Post, 'n Suid-Afrikaanse skrywer († 1996).
- 1915 – John Vorster, Suid-Afrikaanse politikus, sewende Eerste Minister (1966–1978) en vierde Staatspresident van Suid-Afrika (1978–1979) († 1983).
- 1919 – Hans-Joachim Marseille, Duitse bobaasvlieënier tydens die Tweede Wêreldoorlog († 1942).
- 1928 – Jack Tramiel, Pools-Amerikaanse entrepreneur († 2012).
- 1929 – Christopher Plummer, Kanadese akteur († 2021).
- 1940 – Carol Locatell, Amerikaanse aktrise († 2023).
- 1948 – Bill Flynn, Suid-Afrikaanse akteur († 2007).
- 1957 – Steve Buscemi, Amerikaanse akteur.
- 1985 – Ivan Botha, 'n Suid-Afrikaanse akteur en draaiboekskrywer.
- 1989 – Taylor Swift, Amerikaanse aktrise en sanger.
- 1124 – Pous Callixtus II, die 162ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1060).
- 1250 – Keiser Frederik II, van die Heilige Romeinse Ryk (* 1194).
- 1466 – Donatello, beroemde Italiaanse, vroeë-Renaissance kunstenaar en beeldhouer uit Florence (ca. 1386).
- 1754 – Mahmoed I, sultan van die Ottomaanse Ryk (* 1696).
- 1784 – Samuel Johnson, Engelse essayis (* 1709).
- 1858 – Karl Ludwig Philipp Zeyher, Suid-Afrikaanse plantkundige (* 1799).
- 1920 – Willem Postma een van die eerste voorstanders vir Afrikaans as skryftaal (* 1874).
- 1935 – Victor Grignard, Franse fisikus en Nobelpryswenner (* 1871).
- 1944 – Lupe Vélez, Amerikaanse aktrise (* 1908).
- 1955 – George Villiers, Britse politikus en vyfde Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1931–1937) (* 1877).
- 1975 – Alexis Preller, Suid-Afrikaanse skilder (* 1911).
- 1981 – Pigmeat Markham, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1904).
- 2004 – Anna Bender, Suid-Afrikaanse pianis en skrywer (* 1919).
- 2014 – Ina Bauer, Duitse aktrise (* 1941).
- 2015 – Lionel Mtshali, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister (* ~1935).
- 2016 – Zubaida Tharwat, Egiptiese aktrise (* 1940).
- 2017 – Prof. Richard Ernest van der Ross, 'n Kaapse Kleurlingleier en opvoedkundige (* 1921).
- 2019 – Rashied Staggie, 'n Suid-Afrikaanse misdadiger en leier van die Hard Livings-bende (* 1956).
- 2020 – Ambrose Dlamini, tiende Eerste Minister van Eswatini (* 1968).
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met 13 Desember. |