Swartsee

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Swart See)
Spring na: navigasie, soek
Satellietfoto van die Swartsee (Nasa).
Die ligging van die Swartsee.
Die "Swaeltjienes" op die rotse van die Swartsee in die Krim-skiereiland in die Oekraïne.

Die Swartsee of Swart See is ’n binnelandse see wat omring word deur Europa, Anatolië en die Kaukasus. Dit word met die Atlantiese Oseaan verbind deur die Middellandse en die Egeïese See en verskeie seestrate: Die Bosporus-seestraat verbind dit met die See van Marmara, en dié word deur die Dardanelle-seestraat verbind met die Egeïese See, wat deel is van die Middellandse See. Dié watermassas is die skeiding tussen Oos-Europa en Wes-Asië. Die Swartsee is ook aan die See van Azof verbind deur die Kertsj-seestraat.

Grootte[wysig]

Die Swartsee het ’n oppervlakte van 436 400 km2[1], ’n maksimum diepte van 2 206 m[2] en ’n volume van 547 000 km3.[3]

Die naam[wysig]

Die rede vir die "kleurterm" as naam kan ’n antieke toewysing van kleure aan die windrigtings wees: swart het noord aangedui, rooi suid en geel oos.

’n Ander verduideliking is die kleur van die Swartsee se diep water. Dit is verder noord en minder sout as die Middellandse See en daarom is die konsentrasie van alge veel hoër, en dit veroorsaak die donker kleur. Sigbaarheid in die Swartsee is gemiddeld 5 meter in vergelyking met 35 meter in die Middellandse See.

Verwysings[wysig]

  1. Oppervlak—Black Sea Geography”. Universiteit van Delaware. 2003. URL besoek op 2006-12-02.
  2. Maksimum diepte—Europa - Gateway of the European Union Website”. Environment and Enlargement - The Black Sea: Facts and Figures.
  3. Unexpected changes in the oxic/anoxic interface in the Black Sea”. Nature Publishing Group. 30 Maart 1989. URL besoek op 2 Februarie 2006.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Swartsee (kategorie)
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.