Ontwikkelde land

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
’n Wêreldkaart wat die kategorieë van die Menslike-ontwikkelingsindeks volgens lande aandui (geskoei op data uit 2015 wat op 24 Maart 2017 gepubliseer is).
██ Baie hoog ██ Hoog ██ Gemiddeld ██ Laag ██ Data onbeskikbaar

’n Ontwikkelde land of geïndustrialiseerde land is ’n soewereine staat met ’n hoogs ontwikkelde ekonomie en gevorderde tegnologiese infrastruktuur in vergelyking met ander lande. Die algemeenste kriteria om die graad van ekonomiese ontwikkeling te bepaal is die bruto binnelandse produk (BBP), bruto nasionale produk (BNP), per capita-inkomste, vlak van industrialisasie, mate van wydverspreide infrastruktuur en algemene lewenstandaard.[1] Dit is debatteerbaar watter kriteria gebruik moet word en watter lande as ontwikkel geklassifiseer kan word.

Ontwikkelde lande het ’n post-industriële ekonomie, wat beteken die dienssektor verskaf meer rykdom as die nywerheidsektor. Daarteenoor is ontwikkelende lande besig om te industrialiseer of hoofsaaklik op landbou aangewese. In 2015 het gevorderde ekonomieë 60,8% uitgemaak van die wêreldwye BBP gebaseer op nominale waardes en 42,9% van die wêreldwye BBP gebaseer op koopkragpariteit (KKP), volgens die Internasionale Monetêre Fonds.[2] In 2015 was die 10 grootste gevorderde ekonomieë volgens BBP in beide nominale en KKP-terme Australië, Kanada, Frankryk, Duitsland, Italië, Japan, Suid-Korea, Spanje, Brittanje en die VSA.[3]

Menslike-ontwikkelingsindeks (MOI)[wysig | wysig bron]

Die Verenigde Nasies (VN) se Menslike-ontwikkelingsindeks is ’n statistiese maatstaf wat ’n land se vlak van menslike ontwikkeling weergee. Terwyl daar ’n sterk verband is tussen ’n lande se MOI-telling en ’n vooruitstrewende enonomie, wys die VN daarop dat die MOI-tellings meer aandui as inkomste of produktiwiteit. Anders as BBP en per capita-inkomste, bring die MOI in berekening hoe inkomste verander word "in opvoedings- en gesondheidsgeleenthede en dus in hoër vlakke van menslike ontwikkeling".

Sedert 1990 het Noorweë (2001–2006, 2009–2013), Japan (1990–1991 en 1993), Kanada (1992 en 1994–2000) en Ysland (2007–2008) die hoogste MOI-telling gehad. Die top-47-lande het tellings van tussen 0,793 in Barbados en 0,955 in Noorweë gehad.

Baie "gevorderde ekonomieë" word gekenmerk deur ’n MOI-telling van 0,9 of hoër. Die laaste verslag is op 21 Maart 2017 gepubliseer.[4]

Volledige lys lande[wysig | wysig bron]

  • Green Arrow Up Darker.svg = Toename
  • = Bestendig
  • = Afname

Baie hoë menslike ontwikkeling[wysig | wysig bron]

Rang Land MOI
2016-ramings vir 2015
[4]
Verandering in rang sedert vorige jaar[4] 2016-ramings vir 2015
[4]
Verandering sedert vorige jaar
[4]
1 Vlag van Noorweë Noorweë 0.949 Green Arrow Up Darker.svg 0.001
2 Green Arrow Up Darker.svg (1) Vlag van Australië Australië 0.939 Green Arrow Up Darker.svg 0.002
2 Vlag van Switserland Switserland 0.939 Green Arrow Up Darker.svg 0.001
4 Vlag van Duitsland Duitsland 0.926 Green Arrow Up Darker.svg 0.002
5 Green Arrow Up Darker.svg (1) Vlag van Denemarke Denemarke 0.925 Green Arrow Up Darker.svg 0.002
5 (1) Vlag van Singapoer Singapoer 0.925 Green Arrow Up Darker.svg 0.001
7 (1) Vlag van Nederland Nederland 0.924 Green Arrow Up Darker.svg 0.001
8 Flag of Ireland Ierland 0.923 Green Arrow Up Darker.svg 0.003
9 Vlag van Ysland Ysland 0.921 Green Arrow Up Darker.svg 0.002
10 (1) Vlag van Kanada Kanada 0.920 Green Arrow Up Darker.svg 0.001
10 Green Arrow Up Darker.svg (1) Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 0.920 Green Arrow Up Darker.svg 0.002
12 Vlag van Hongkong Hongkong 0.917 Green Arrow Up Darker.svg 0.001
13 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 0.915 Green Arrow Up Darker.svg 0.002
14 Green Arrow Up Darker.svg (1) Vlag van Swede Swede 0.913 Green Arrow Up Darker.svg 0.004
15 (1) Vlag van Liechtenstein Liechtenstein 0.912 Green Arrow Up Darker.svg 0.001
16 Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 0.909 Green Arrow Up Darker.svg 0.001
17 Vlag van Japan Japan 0.903 Green Arrow Up Darker.svg 0.001
18 Vlag van Suid-Korea Suid-Korea 0.901 Green Arrow Up Darker.svg 0.002
19 Vlag van Israel Israel 0.899 Green Arrow Up Darker.svg 0.001
20 Vlag van Luxemburg Luxemburg 0.898 Green Arrow Up Darker.svg 0.002
21 Green Arrow Up Darker.svg (1) Vlag van Frankryk Frankryk 0.897 Green Arrow Up Darker.svg 0.003
22 (1) Vlag van België België 0.896 Green Arrow Up Darker.svg 0.001
23 Vlag van Finland Finland 0.895 Green Arrow Up Darker.svg 0.002
24 Vlag van Oostenryk Oostenryk 0.893 Green Arrow Up Darker.svg 0.001
25 Vlag van Slowenië Slowenië 0.890 Green Arrow Up Darker.svg 0.002
Rang Land MOI
2016-ramings vir 2015
[4]
Verandering in rang sedert vorige jaar[4] 2016-ramings vir 2015
[4]
Verandering sedert vorige jaar
[4]
26 Green Arrow Up Darker.svg (1) Vlag van Italië Italië 0.887 Green Arrow Up Darker.svg 0.006
27 (1) Vlag van Spanje Spanje 0.884 Green Arrow Up Darker.svg 0.002
28 Flag of the Czech Republic Tsjeggië 0.878 Green Arrow Up Darker.svg 0.003
29 Vlag van Griekeland Griekeland 0.866 Green Arrow Up Darker.svg 0.001
30 Vlag van Broenei Broenei 0.865 Green Arrow Up Darker.svg 0.001
30 Green Arrow Up Darker.svg (1) Vlag van Estland Estland 0.865 Green Arrow Up Darker.svg 0.002
32 Vlag van Andorra Andorra 0.858 Green Arrow Up Darker.svg 0.001
33 Green Arrow Up Darker.svg (1) Flag of Cyprus Siprus 0.856 Green Arrow Up Darker.svg 0.002
33 Green Arrow Up Darker.svg (2) Vlag van Malta Malta 0.856 Green Arrow Up Darker.svg 0.003
33 Vlag van Katar Katar 0.856 Green Arrow Up Darker.svg 0.001
36 Vlag van Pole Pole 0.855 Green Arrow Up Darker.svg 0.003
37 Vlag van Litaue Litaue 0.848 Green Arrow Up Darker.svg 0.002
38 Vlag van Chili Chili 0.847 Green Arrow Up Darker.svg 0.002
38 Vlag van Saoedi-Arabië Saoedi-Arabië 0.847 Green Arrow Up Darker.svg 0.002
40 Vlag van Slowakye Slowakye 0.845 Green Arrow Up Darker.svg 0.003
41 Vlag van Portugal Portugal 0.843 Green Arrow Up Darker.svg 0.002
42 Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate 0.840 Green Arrow Up Darker.svg 0.004
43 Vlag van Hongarye Hongarye 0.836 Green Arrow Up Darker.svg 0.002
44 Vlag van Letland Letland 0.830 Green Arrow Up Darker.svg 0.002
45 Vlag van Argentinië Argentinië 0.827 Green Arrow Up Darker.svg 0.001
45 Green Arrow Up Darker.svg (1) Vlag van Kroasië Kroasië 0.827 Green Arrow Up Darker.svg 0.004
47 (1) Vlag van Bahrein Bahrein 0.824 Green Arrow Up Darker.svg 0.001
48 (1) Vlag van Montenegro Montenegro 0.807 Green Arrow Up Darker.svg 0.003
49 (1) Vlag van Rusland Rusland 0.804 0.001
50 Green Arrow Up Darker.svg (1) Vlag van Roemenië Roemenië 0.802 Green Arrow Up Darker.svg 0.004
51 (1) Vlag van Koeweit Koeweit 0.800 Green Arrow Up Darker.svg 0.001

As nielid van die VN bereken die regering van Taiwan sy eie MOI, wat in 2011 ’n waarde van 0,882 gehad het.[5] Terwyl die MOI vir Hongkong deur die VN bereken word, geld dit nie vir Macau nie. Laasgenoemde se regering het die streek se MOI in 2011 as 0,868 bereken. Hierdie tellings plaas beide Taiwan en Macau gerieflik binne die lys lande met "baie hoë menslike ontwikkeling".[6]

Ander lyste van ontwikkelde lande[wysig | wysig bron]

Die Wêreldbank se hoëinkomstelande in 2016.

’n Paar instellings het lyste van ontwikkelde lande opgestel: Die VN (sy lys word hier bo vertoon), die CIA,[7] en ander.

Die IMF identifiseer 39 "gevorderde ekonomieë".[8][9] Die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO) se 35 lidlande is bekend as die "klub van ontwikkelde lande".[10][11][12] Die Wêreldbank identifiseer 78 "hoëinkomstelande".[13]

Wêreldbank se hoëinkomstelande[wysig | wysig bron]

Volgens die Wêreldbank word die volgense 78 lande en gebiede geklassifiseer as "hoëinkomste-ekonomieë".[13] Tussen hakies is die jaar/jare waarin hulle so geklassifiseer is sedert klassifisering in 1987 begin is.[14]

IMF se gevorderde ekonomieë[wysig | wysig bron]

██ Lande wat die IMF as gevorderde ekonomieë beskryf.

Volgens die IMF word die volgende 39 ekonomieë as "gevorderd" geklassifiseer:

OESO-lede met ’n hoë inkomste[wysig | wysig bron]

Daar is 33 lede in die OESO se hoëinkomstekategorie, soos deur die Wêreldbank bepaal.[15][16]

Dit sluit in:

25 lande in Europa:

3 lande in Asië:

2 lande in Noord-Amerika:

2 lande in Oseanië:

1 land in Suid-Amerika:

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Developed Economy Definition Geargiveer 22 Maart 2016 op Wayback Machine. Investopedia (2010-04-16). Besoek op 2013-07-12.
  2. IMF-BBP-data (Oktober 2015) Geargiveer 4 Maart 2016 op Wayback Machine
  3. "Gross domestic product, current prices & Gross domestic product based on purchasing-power-parity (PPP) valuation of country GDP". World Economic Outlook Database, Oktober 2015. Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2015-10-11. Besoek op 2015-10-15. 
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 4,4 4,5 4,6 4,7 4,8 "Human Development Report 2016 – 'Human Development for Everyone'" (PDF). Human Development Report Office, VN-ontwikkelingsprogram. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 Maart 2017. Besoek op 11 April 2017. 
  5. "2011中華民國人類發展指數 (HDI)" (PDF) (in Chinees). Directorate General of Budget, Accounting and Statistics, Executive Yuan, R.O.C. 2011. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 2011-12-26. Besoek op 2011-11-21. 
  6. Macau in Figures, 2013 Geargiveer 24 Oktober 2013 op Wayback Machine
  7. CIA (2008). "Appendix B. International Organizations and Groups.". World Factbook. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2008-04-09. Besoek op 2008-04-10. 
  8. IMF Advanced Economies List. World Economic Outlook, April 2016, p. 148 Geargiveer 21 April 2016 op Wayback Machine
  9. World Economic Outlook Geargiveer 21 April 2016 op Wayback Machine, IMF, September 2011, p. 165.
  10. "Archived copy". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2009-02-21. Besoek op 2009-01-25. 
  11. Indiana Express Geargiveer 27 Januarie 2010 op Wayback Machine
  12. Minutes of Forum #26:Global Strategy Series 2 - Japan as It Should Be (Outline) | Economic and Social Research Institute, Cabinet Office, Government of Japan Geargiveer 30 Oktober 2007 op Wayback Machine. Esri.go.jp. Besoek op 2013-07-12.
  13. 13,0 13,1 Country and Lending Groups. Geargiveer 2 Julie 2014 op Wayback Machine Wêreldbank. Besoek op 1 Augustus 2016.
  14. "How does the World Bank classify countries?". Wêreldbank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2016-07-02. Besoek op 2016-08-01. 
  15. Country and Lending Groups | Data Geargiveer 18 Maart 2011 op Wayback Machine. Data.worldbank.org. Besoek op 2016-08-01.
  16. "Members and partners". OECD. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Julie 2016. Besoek op 1 August 2016. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]