Palau

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Republic of Palau (Engels)
Beluu er a Belau (Palauaans)
Republiek Palau
Vlag van Palau Seël van Palau
Vlag Seël
Volkslied: Belau rekid
(Palauaans vir: "Ons Palau")
Ligging van Palau
Hoofstad Ngerulmud

7°30′N 134°37′O / 7.500°N 134.617°O / 7.500; 134.617

Grootste stad Koror

7°20′N 134°29′O / 7.333°N 134.483°O / 7.333; 134.483

Amptelike tale Engels en Palauaans
Regering Unitêre presidensiële
grondwetlike republiek
Tommy Remengesau
Raynold Oilouch
Onafhanklikheid
• Huidige grondwet
• Verdrag oor vrye assosiasie
van die Verenigde State
2 April 1979
1 Oktober 1994
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
459 km2  (180ste)
177 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2016-skatting
 - 2013-sensus
 - Digtheid
 
21 503[1] (224ste)
20 918
46,7 / km2
121,0 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$286 miljoen[2]
$15 387[2] (81ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$310 miljoen[2]
$16 632[2]

MOI (2017) Green Arrow Up Darker.svg 0,798[3] (60ste)  –  hoog
Geldeenheid Amerikaanse dollar ($) (USD)
Tydsone
 - Somertyd
(UTC+9)
nie toegepas nie (UTC+9)
Internet-TLD .pw
Skakelkode +680

Palau ( / pəlaʊ / ), amptelik die Republiek van Palau (Engels: Republic of Palau, Palauaans: Beluu er a Belau), is 'n eilandnasie in die Stille Oseaan en Oseanië net noord van die ewenaar, sowat 800 km oos van die Filippyne en 3 200 km suid van Tokio. Aangesien dit in 1994 ontstaan het uit Verenigde Nasies trusteeskap (geadministreer deur die Verenigde State), is dit een van die wêreld se jongste en kleinste soewereine lande. In Engels word die naam soms as Belau gespel in ooreenstemming met die inheemse uitspraak. Dit is voorheen ook as Pelew gespel.[4] Palau bestaan uit sowat 340 eilande van die Karoline-eilande; die aangrensende Gefedereerde State van Mikronesië beslaan die ander deel van dié argipel.[5]

Kaart van Palau
Kaart van Palau se 16 deelstate

Palau beslaan 'n oppervlakte van 459 km² en het 'n bevolking van sowat 21 500 in 2016 gehad. Palau is in die ooste van die Filippyne, in die noordooste van Indonesië, in die noordweste van Papoea-Nieu-Guinee en in die weste van die Gefedereerde State van Mikronesië geleë. Die hoofstad is Ngerulmud en die grootste stad is Koror.

As gevolg van die Spaans-Amerikaanse Oorlog is die argipel in 1899 deur Spanje aan die Duitse Keiserryk verkoop en by Duits-Nieu-Guinee ingelyf. Tydens die Eerste Wêreldoorlog is dit deur Japan beset en het na die oorlog 'n Volkebond-mandaat geword. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is dit deur die Verenigde State beset en het in 1947 'n trougebied van die Verenigde Nasies geword. Palau het op 1 Oktober 1994 'n Verdrag oor vrye assosiasie met die Verenigde State onderteken, waarmee dit 'n onafhanklike land geword het. Die Verenigde State is nog steeds vir die verdediging van Palau verantwoordelik.[6]

Palau is onderverdeel in 16 deelstate:

Deelstaat Oppervlak (km²) Sensus 2012
Flag of Aimeliik.svg Aimeliik 44 281
Flag of Airai State.png Airai 59 2 537
Flag of Angaur State.png Angaur 8,06 130
Flag of Hatohobei.svg Hatohobei 0,9 10
Flag of Kayangel State.png Kayangel 1,7 76
Flag of Koror State.png Koror 60,52 11 670
Flag of Melekeok.png Melekeok 26 300
Flag of Ngaraard State.svg Ngaraard 34 453
Flag of Ngarchelong.svg Ngarchelong 11,2 281
Flag of Ngardmau State.png Ngardmau 34 195
Flag of Ngeremlengui State.png Ngaremlengui 68 310
Flag of Ngatpang State.png Ngatpang 33 257
Flag of Ngchesar State.png Ngchesar 43 287
Flag of Ngiwal State.png Ngiwal 17 226
Flag of Peleliu State.png Peleliu 22,3 510
Flag of Sonsorol.svg Sonsorol 3,1 42

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) World Population Prospects: The 2017 Revision”. United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. URL besoek op 13 Mei 2019.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 (en) Palau”. Internasionale Monetêre Fonds: April 2019. URL besoek op 13 Mei 2019.
  3. (en) 2018 Human Development Report”. United Nations Development Programme: 2018. URL besoek op 13 Mei 2019.
  4. (en) Nelson's World Gazetteer en Geographical Dictionary, ed. J. Gunn, Thomas Nelson and Sons Ltd, Londen, 1935
  5. (en) Palau”. Encyclopædia Britannica. URL besoek op 13 Mei 2019.
  6. (en) Palau”. Central Intelligence Agency. URL besoek op 13 Mei 2019.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


Vlag van die Verenigde State Verenigde State van Amerika Seël van die Verenigde State
StateAlabamaAlaskaArizonaArkansasColoradoConnecticutDelawareFloridaGeorgiaHawaiiIdahoIllinoisIndianaIowaKaliforniëKansasKentuckyLouisianaMaineMarylandMassachusettsMichiganMinnesotaMississippiMissouriMontanaNebraskaNevadaNew HampshireNew JerseyNieu-MeksikoNew YorkNoord-CarolinaNoord-DakotaOhioOklahomaOregonPennsilvaniëRhode IslandSuid-CarolinaSuid-DakotaTennesseeTexasUtahVermontVirginiëWashingtonWes-VirginiëWisconsinWyoming
Federale distrikDistrik Columbia (Washington, D.C.)
EilandgebiedeAmerikaanse Maagde-eilandeAmerikaans-SamoaGuamNoordelike Mariana-eilandePuerto Rico
Klein afgeleë eilandeBakerHowlandJarvisJohnstonKingmanMidwayNavassaPalmyraWake
Geassosieerde landeGefedereerde State van MikronesiëMarshalleilandePalau