Bedford, Oos-Kaap

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Bedford)
Spring na: navigasie, soek
Bedford
Bedford se Presbiteriaanse kerk
Bedford se Presbiteriaanse kerk
Ligging van Bedford op 'n kaart (Oos-Kaap)
Bedford
Bedford
 Bedford se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 32°41′S 26°05′O Koördinate: 32°41′S 26°05′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Distrik Amathole
Munisipaliteit Nxuba
Stigting 1854
Oppervlak[1]
 - Dorpie 14,6 km²  (5,6 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorpie 8 770
 - Digtheid 601/km² (1 556,6/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 68.9%
 • Kleurling 27.1%
 • Indiër/Asiër 0.1%
 • Blank 3.2%
 • Ander 0.7%
Taal (2011)[1]
 • Xhosa 63.5%
 • Afrikaans 29.7%
 • Engels 4.5%
 • Ander 2.2%
Poskode (straat) 5780
Poskode (posbus) 5780
Skakelkode(s) 046
Webwerf: bedford.co.za

Bedford is 'n dorp in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die dorp is tussen Cradock en Grahamstad geleë in die sogenaamde Smaldeel wat strek van Somerset-Oos tot by Fort Beaufort, en lê sowat 160 km van die Oos-Kaapse kus af.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp is in 1854 op die plaas Maasstroom uitgelê, aan die voet van die Winterberge. Die plaas het aan Sir Andries Stockenström behoort. Hy was die adjunk-goewerneur van die Oos-Kaap en het die dorp na sy vriend, die Hertog van Bedford vernoem.

Opvoeding[wysig]

Bedford het twee skole. Die Hoërskool Templeton is in 1865 gestig en bied onderrig in Afrikaans en Engels van gr. R tot gr.12. Die leerderkorps is driekwart swart en sowat 'n kwart bruin met net 'n hand vol wit leerders. Die Bedford Country School is Januarie 2009 begin om bekostigbare, Christelike gehalte-onderrig in Engels aan leerders van Bedford en die omliggende gebied te voorsien. Die skool strek van driejariges tot graaddries[2].

Distrik[wysig]

Die distrik is 2 600 km2 groot. Daar word met beeste, skape en perde geboer.

Bekende boorlinge[wysig]

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Som van die hoofplekke Bedford, Nonzwakazi en Nyara tydens die 2011-sensus.
  2. Skole-inligting op bedford.co.za

Eksterne skakels[wysig]

Fotogalery[wysig]

Boorlinge[wysig]

Sakegeboue[wysig]

Openbare geboue[wysig]

Woonhuise[wysig]