Australiese Rugbyunie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Die Australiese Rugbyunie (ARU) is die bestuursliggaam wat rugby in Australië beheer. Die ARU is by die Internasionale Rugbyraad geaffilieer en organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend die Wallabies, Australië se nasionale senior rugbyspan.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

In 1874 is die Suidelike Rugbyunie gestig wat vanuit Twickenham in Engeland beheer is. In 1881 is die administrasie aan Nieu-Suid-Wallis oorhandig en in 1892 het die Suidelike Rugbyunie van Nieu-Suid-Wallis en die Noordelike Rugbyunie van Queensland (gestig in 1883) die Nieu-Suid-Wallis Rugbyunie en die Queensland Rugbyunie geword.

Omdat Nieu-Suid-Wallis die ouer unie was, was hy ook verantwoordelik vir die administrasie van alle toere en vir die verteenwoordiging van Australië op die Internasionale Rugbyraad. In 1947 het die staatsunies ooreengekom dat dit beter vir die toekoms van rugby in Australië sou wees om deur een administratiewe liggaam beheer te word. In 1948 het die Internasionale Rugbyraad ’n uitnodiging aan Australië gerig (eerder as aan ’n verteenwoordiger van Nieu-Suid-Wallis) om ’n setel op die raad in te neem.

Die eerste vergadering van die Australiese Rugbyvoetbalunie is gehou op 25 November 1949 met 11 afgevaardigdes van Nieu-Suid-Wallis, Queensland, Suid-Australië, Wes-Australië, Tasmanië en Victoria. In 1972 het die Australiese Hoofstadgebied ’n lid geword en in 1978 het Noord-Australië ’n buitengewone lid geword. In 2004 het die AHG-unie sy naam verander na die AHG en Suidelike NSW Rugbyunie nadat twee streeksunies in suidelike Nieu-Suid-Wallis ’n verbintenis met die AHG aangegaan het.

In 1985 is die Australiese Rugbyvoetbalunie as ’n maatskappy geïnkorporeer en in 1997 het die naam verander na Die Australiese Rugbyunie Bpk.

Bestuur[wysig | wysig bron]

Die bestuurstrukture van die ARU is in Desember 2012 hersien na ’n oorsig van die voormalige federale senator en Minister van Sport, Mark Arbib.[1]

Lidmaatskap[wysig | wysig bron]

Die lede van die ARU (aandeelhouers) sluit die unies in wat Australië se deelstate en gebiede verteenwoordig, tesame met die Superrugbykonsessies in dié land, en die Rugbyuniespelersvereniging (RUPA).[2] Lede oefen hul stemreg uit op die ARU se jaarlikse algemene vergadering. Volgens die grondwet wat in 2012 aanvaar is, het elk van die agt bestaande lidunies en RUPA ’n afgevaardigde met een toegewese stem. Daarnaas het elke Superrugbykonsessie ’n afgevaardigde met een stem. Soos dit tans staan word slegs die Rebels en die Waratahs onafhanklik geadministreer, wat beteken dat die stemme van die ander drie spanne effektief deur die onderskeie lidunies wat die spanne besit, bepaal. Laastens kry lidunies met meer as 50 000 geregistreerde spelers ’n bykomende stem. Slegs Nieu-Suid-Wallis en Queensland voldoen aan hierdie vereiste. Dit bring die totale aantal stemme op sestien.[2] Die ARU het ook ’n aantal geaffilieerde groepe wat nie stemreg het nie.[2]

Afd. Lede Stemme
AHG AHG en Suidelike NSW Rugbyunie 2
NSW Nieu-Suid-Wallis Rugbyunie 2 3
Waratahs Rugby 1
QLD Queensland Rugbyunie 3
VIC Victoriaanse Rugbyunie 1 2
Melbourne Rebels 1
WA Rugby Wes-Australië 2
SA Suid-Australiese Rugbyunie 1
TAS Tasmaanse Rugbyunie 1
NG Nooordelike Gebied Rugbyunie 1
Rugbyuniespelersvereniging 1

Geaffilieerdes
Australiese Barbarian Rugbyklub
Australiese Juniorrugbyunie
Australiese Skolerugbyvoetbalunie
Australiese Dienste Rugbyunie
Australiese Vrouerugbyunie
Classic Wallabies
NSW Nieu-Suid-Wallis Landelike Rugbyunie
Sydney Rugbyunie

Nota: Die Australiese Rugbyskeidsregtersvereniging en Australiese Universiteiterugbyunie was vroeër, tot 2005 en 2014 onderskeidelik, nie-semgeregtigde lede.

Heldesaal[wysig | wysig bron]

Die ARU het ’n heldesaal. Elke jaar word twee of meer noemenswaardige Australiese rugbyspelers van alle eras van die internasionale spel in die Wallaby-heldesaal ingelyf. Ingelyfdes kom uit alle toetsspanne sedert die Wallabies vir die eerste keer in 1899 gespeel het. Oorweging word geskenk aan spelers se rugbyloopbaan maar inlywing rus nie alleen op statistiese prestasies nie.

Om in aanmerking te kom vir insluiting in die Wallaby-heldesaal moes ’n speler:

  • Ten minste een toets vir Australië gespeel het
  • Vir ten minste 10 jaar reeds uitgetree wees
  • ’n Groot bydrae tot die sport gemaak het
  • Uitstaande vaardighede, sportmangees, toewyding, karakter en persoonlike bydrae tot hul span en die spel in hul era getoon het.

Lede van die Heldesaal[wysig | wysig bron]

  • Tom Richards
  • Tom Lawton, sr.
  • Alex Ross
  • Cyril Towers
  • Sir Edward “Weary” Dunlop
  • Colin Windon
  • Sir Nicholas Shehadie
  • Tony Miller
  • John Thornett
  • Des Connor
  • Jon White
  • Ken Catchpole
  • John Hipwell
  • Mark Loane
  • Mark Ella
  • David Campese
  • Nick Farr-Jones


Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Arbib, Mark (2012). "Verbetering van die bestuur van Australiese Rugby" (PDF). Australian Rugby. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF 0.8 MB) op 31 March 2016. Besoek op 13 April 2016. 
  2. 2,0 2,1 2,2 (en) "ARU neem geskiedkundige stap na lede stem vir grondwetlike verandering". Australian Rugby. 10 Desember 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 April 2016. Besoek op 12 April 2016.