Pous Marcellinus
Pous Marcellinus | |
---|---|
Geboortenaam | Marcellinus |
Pontifikaat begin | 30 Junie 296 |
Pontifikaat eindig | 24 of 25 Oktober 304 |
Voorganger | Gajus |
Opvolger | Marcellus I |
Gebore | Rome, Italië |
Sterf | 24 of 25 Oktober 304 Rome, Italië |
Marcellinus was die 29ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie
[wysig | wysig bron]Pous Marcellinus was 'n Romein van geboorte, die seun van Projectus. Op 30 Junie 296 volg hy Pous Gajus op en regeer tot sy dood op 24 of 25 Oktober 304. Hy word opgevolg deur Pous Marcellus I. Die naam ‘Marcellinus’ is 'n Romeinse familienaam afgelei van Marcellus wat 'n troetelnaam is vir Marcus.
Pontifikaat
[wysig | wysig bron]Daar word beweer (waarskynlik onwaar) dat Marcellinus gedurende die vervolging van keiser Diocletianus sy geloof versaak het, maar later berou getoon het. Pous Damasus beweer dat hy onthoof is in 'n bos saam met 'n sekere Petrus. Gedurende sy pontifikaat het Armenië die eerste amptelike Christelike nasie geword in 301.
Verering
[wysig | wysig bron]Pous Marcellinus word as heilige en martelaar vereer, hoewel sy status as martelaar twyfelagtig is. Die presiese sterfdatum is twyfelagtig, sowel 1 April as 30 September word genoem. Sy feesdag en die van Petrus wat saam met hom vermoor sou wees is op 2 Junie.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Marcellinus. |
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
Nota
[wysig | wysig bron]Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wiki’s.
Opvolging
[wysig | wysig bron]Voorafgegaan deur Gajus |
Biskop van Rome 296 – 304 |
Opgevolg deur Marcellus I |