St. Vincent en die Grenadine

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Saint Vincent and the Grenadines
St. Vincent en die Grenadine
Vlag van St. Vincent en die Grenadine Wapen van St. Vincent en die Grenadine
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Pax et Justitia
(Latyn vir: "Vrede en Geregtigheid")
Volkslied: Saint Vincent, Land So beautiful
(Engels vir: "St. Vincent, land so mooi")
Ligging van St. Vincent en die Grenadine
Hoofstad Kingstown

13°10′N 61°14′W / 13.167°N 61.233°W / 13.167; -61.233

Grootste stad Kingstown
Amptelike tale Engels
Regering

Monarg
• Goewerneur-generaal
Eerste minister
Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Elizabeth II
Frederick Ballantyne
Ralph Gonsalves
Onafhanklikheid
• Geassosieerde land
• van die Verenigde Koninkryk

27 Oktober 1967
27 Oktober 1979
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
389 km2  (184ste)
150 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2016-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
109 643[1] (196ste)
109 991
307 / km2 (39ste)
795,1 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$1,366 miljard[2]
$12 383[2]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$844 miljoen[2]
$7 647[2]

MOI (2014) Green Arrow Up Darker.svg 0,720[3] (97ste)  –  hoog
Geldeenheid Dollar (XCD)
Tydsone
 - Somertyd
AST (UTC-4)
nie toegepas nie (UTC-4)
Internet-TLD .vc
Skakelkode +1-784

St. Vincent en die Grenadine (Engels: Saint Vincent and the Grenadines, ), soms kort St. Vincent genoem, is 'n eilandnasie in Noord-Amerika met 'n oppervlakte van 389 km² en 'n bevolking van 109 643 in 2016. Dit bestaan uit die hoofeiland St. Vincent en die noordelike eilande van die Grenadines; almal behoort tot die Klein Antille.

Nasa-Satellietbeeld van St. Vincent en die Grenadine
Kaart van St. Vincent en die Grenadine

St. Vincent en die Grenadine is in die oostelike deel van die Karibiese See op die grens met die Atlantiese Oseaan geleë. Dit is in die suide van St. Lucia, in die weste van Barbados, in die noorde van Grenada en in die noordweste van Trinidad en Tobago geleë. Die hoofstad en grootste stad is Kingstown, wat op die hoofeiland St. Vincent geleë is.

St. Vincent en die Grenadine is op 22 Januarie 1498 deur Christophorus Columbus tydens sy derde reis vir Europa ontdek en ná die heilige Vincentius van Zaragoza genoem. Die eerste Europeërs wat dié eilande gekoloniseer het, was Franse. In 1627 het Engeland St. Vincent en die Grenadine opgeëis en Frankryk het sy belange op Martinique gekonsentreer. Tydens die Sewejarige Oorlog het die Britte dié eilande verower en volgens die Verdrag van Parys in 1763 het Frankryk dit aan Groot-Brittanje afgestaan. In 1779 het St. Vincent en die Grenadine weer onder Franse beheer gekom, maar volgens die Vrede van Parys van 1783 is dit by die Britse Ryk ingelyf. Tussen 1958 en 1962 het dit saam met ander Britse kolonies in die Karibiese gebied deel uitgemaak van die Wes-Indiese Federasie. Op 27 Oktober 1969 het St. Vincent en die Grenadine volle outonomie oor sy binnelandse sake ontvang en 'n geassosieerde land van die Verenigde Koninkryk geword.

Op 27 Oktober 1979 het St. Vincent en die Grenadine van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword. St. Vincent en die Grenadine is 'n grondwetlike monargie binne die Britse Statebond en Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk is die staatshoof van dié land. Krieket is St. Vincent en die Grenadine se gewildste sportsoort en spelers mag vir die Wes-Indiese nasionale krieketspan uitdraf. Dié eilande is gesogte vakansieplekke en die ekonomie is veral op landbou, toerisme, konstruksie-aktiwiteite en buitelandse bankdienste gebaseer.[4] Daar is 'n klein hawestad met die naam Port Elizabeth op die Grenadine-eiland Bequia.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "World Population Prospects: The 2017 Revision". ESA.UN.org (custom data acquired via website). United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Besoek op 20 Mei 2018. 
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 (en) "St. Vincent and the Grenadines". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 20 Mei 2018. 
  3. (en) "2015 Human Development Report" (PDF). United Nations Development Programme. 2015. Besoek op 20 Mei 2018. 
  4. (en) "Saint Vincent and the Grenadines". CIA World Factbook. Central Intelligence Agency. Besoek op 20 Mei 2018. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


 
Lande en gebiede in Noord-Amerika
Lande: Antigua en Barbuda | Bahamas | Barbados | Belize | Costa Rica | Dominica | Dominikaanse Republiek | El Salvador | Grenada | Guatemala | Haïti | Honduras | Jamaika | Kanada | Kuba | Meksiko | Nicaragua | Panama | St. Kitts en Nevis | St. Lucia | St. Vincent en die Grenadine | Trinidad en Tobago | Verenigde State van Amerika
Afhanklike gebiede: Koninkryk van Denemarke: Groenland | Frankryk: Clipperton - Guadeloupe - Martinique - Saint-Martin - Sint Bartolomeus‎ - Sint Pierre en Miquelon | Koninkryk van die Nederlande: Aruba - Curaçao - Sint Maarten | Nederland: Bonaire - Saba - Sint Eustatius | Verenigde Koninkryk: Anguilla - Bermuda - Britse Maagde-eilande - Kaaimanseilande - Montserrat - Turks- en Caicoseilande | Verenigde State: Amerikaanse Maagde-eilande - Navassa - Puerto Rico

Lande van: Afrika - Asië - Europa - Oseanië - Suid-Amerika