Verskil tussen weergawes van "Pous Bonifatius VIII"

Jump to navigation Jump to search
k
Skoonmaak using AWB
k (Verplasing van 2 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q134646)
k (Skoonmaak using AWB)
{{Inligtingskas Pous
|Afrikaanse naam=Pous Bonifatius VIII
|beeld=[[ImageLêer:Bonifatius VIII Grabstatue.JPG|200px]]
|wapen=[[ImageLêer:C o a Bonifacio VIII.svg|150px]]
|geboortenaam=Benedetto Gaetani
|termyn_begin=[[24 Desember]] [[1294]]
|termyn_einde=[[11 Oktober]] [[1303]]
|voorganger=[[Pous Celestinus V |Celestinus V]]
|opvolger=[[Pous Benedictus XI|Benedictus XI]]
|geboortedatum= [[1235]]
|sterfteplek=[[Rome]], [[Italië]]
|ander=Bonifatius
}}
 
'''Bonifatius VIII''' was die 193ste [[pous]] van die [[Rooms-Katolieke Kerk]] van [[1294]] tot [[1303]].
 
 
==Pontifikaat==
'''Pous Bonifatius VIII'''<ref>Oestereich, T. (1907). Pope Boniface VIII. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek Desember 3, 2008 by: http://www.newadvent.org/cathen/02662a.htm</ref> word veral onthou omdat hy in [[1300]] die Jubeljaar (ook die Heilige Jaar) ingestel het. Dit was die eerste groot gebruik van die aflaatstelsel. Pelgrims wat na Rome kom, het ‘n vol aflaat verkry. Twee miljoen mense het na Rome gekom. Die verkeer het so toegeneem dat die pous genoodsaak was om die vloei te reël, hy het linkshou ingevoer. In [[1303]] stig hy die La Sapienza Universiteit in Rome.
 
Die Jode besonder gelei onder Bonifatius en die Inkwisisie. Om die vervolging van sy gemeente te probeer beëindig, het die rabbi Elia de Pomis alle beskuldigings op hom geneem en hy is verbrand.
 
Pous Bonifatius het probeer om die pouslike mag sterk uit te brei op sowel geestelike as wêreldlike gebied. In sy bul ‘Unam Sanctam’ van [[18 November]] [[1302]] verklaar hy dat redding vir die mens slegs verkry kan word deur onderwerping aan die biskop van [[Rome]]. Die siening van die wêreldlike mag van die pous het hom in konflik gebring met keiser Albert I van Habsburg, die magtige Colonna familie en koning Philip IV van Frankryk.
===Nadoodse hofsaak===
‘n Geregtelike ondersoek na Bonifatius se leerstellings is begin in [[1303]] en het geloop tot in [[1311]]. Die getuienis, veral die van die sittings in Groseau in Augustus en September [[1310]], bevat bewerings van kettery deur die pous. Dit sluit onder andere bewerings van [[sodomie]] in. Verdere uitsprake van die pous wat genoem word, sluit in:
* Seks is net so min sonde as om jou hande te was.
* Die paradys en die hel bestaan slegs op aarde.
* Al drie die groot gelowe bevat waar- en valshede. Die Christelike waarheid is dat een God bestaan, die valshede sluit in die drie-eenheid, maagdelike geboorte, menswording van Christus, die transsubstansiasie, en die liggaamlike opstanding.
 
Daar word egter vermoed dat die bewerings vals was en die gewone bewerings deur Philip teen sy vyande was. Die ondersoek is deur die konsilie van Vienne sonder resultaat gestaak.
 
===Kulturele nalatenskap===
* In sy ‘Inferno’ laat Dante Pous Bonifatius VIII in die hel kom weens simonie hoewel Bonifatius nog gelewe het in [[1300]], die datum van die fiktiewe verhaal. Dit is [[Pous Nicolaas III]] wat vir Dante van Pous Bonifatius se lot vertel. ‘n Bietjie verder in die gedig word ons herinner aan die pous se stryd met die Colonna toe hy die stad Palestrina verower het, 6000 mense vermoor en die huis van Julius Caesar verwoes het. Beatrice bevestig Bonifatius se lot toe Dante die hemel besoek.
* Die beroemde wiskundige en sterrekundige Giovanni Campano was die pous se persoonlike dokter.
* In die ‘Decamerone’ van Boccaccio word Bonifatius satiries voorgestel as ‘n struikrower (Dag 10, tweede verhaal). Vroeër in die boek word die pous ook vermeld in dat hy Karel van Valois na Florence gestuur het om die vete tussen die Wit en die Swart Welfe te beëindig.
* Bonifatius was ‘n beskermheer van die skilder Giotto di Bondone.
* Ter voorbereiding van die jubeljaar in [[1300]] het Bonifatius die Sint Pieterskerk, die basiliek van Johannes van Laterane en die basiliek Maria Maggiore laat restoureer.
 
==Bibliografie==
* Boase, Thomas S. R. (1933). Boniface VIII. London: Constable.
* Duff, Eamon (2001). ''Saints and Sinners: A History of the Popes'', Yale University Press. ISBN 0300091656.
* Coppa, Frank J, ed. (2002). The Great Popes Through History. Connecticut, Greenwood Press.
* Jean Coste (ed.), ed. (1995). Boniface VIII en procès. Articles d'accusation et dépositions des témoins (1303–1311). Rome: L'Erma di Bretschneider. ISBN 88-7062-914-7.
* Maxwell-Stuart, P. G. (2002). ''Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present'', Thames & Hudson. ISBN 0500017980.
* Tierney, Brian (1964). Crisis of Church and State. New Jersey: Prentice-Hall.
* Wood, Charles, T. (1967). Phillip the Fair and Boniface VIII: State vs Papacy. New York: Holt, Rhinehart, and Winston.
 
==Verwysings==
{{reflistVerwysings}}
 
==Eksterne skakels==
{{En-Wikisource info|Catholic Encyclopedia (1913)/Pope Boniface VIII}}
* {{CE|http://www.newadvent.org/cathen/02662a.htm}}
* {{CF|http://www.catholic-forum.com/saints/pope0193.htm}}
* {{BBKL|http://www.bautz.de/bbkl/b/bonifatius_viii_p.shtml}}
* {{PTA|http://www.cfpeople.org/Books/Pope/POPEp191.htm#T1}}
{{Commons|Bonifacius VIII}}
 
{{pouse}}
{{teenpouse}}
 
[[Kategorie: Pouse|Bonifatius VIII]]

Navigasie-keuseskerm