Jacques Lacan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Jacques Lacan (1901/1981) was 'n Franse psigoanalis wat beroemd geword het vir sy sogenaamde "terugkeer na Freud" en die diktum dat die onbewuste gestruktureer is soos 'n taal. Sy belangrikste invloede, benewens Freud, was die strukturele linguïstiek van Ferdinand de Saussure. Lacan is steeds invloedryk in literêre teorie, filmstudies, genderstudies en die sielkunde.