Søren Kierkegaard

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Søren Kierkegaard
Kierkegaard.jpg
Doopnaam Søren Aaybe Kierkegaard
Geboorte 5 Mei, 1813; Kopenhagen, Denemarke
Afsterwe 11 November, 1855; Kopenhagen, Denemarke

Søren Kierkegaard (18131855) was 'n Deense filosoof, teoloog en psigoloog. Sy invloed word deur talle 20ste eeuse eksistensiële, teologie, post-strukturele, en postmoderne filosowe erken. Kierkegaard was baie krities oor die Hegelianisme en wat hy gesien het as die leë formaliteite van die Deense Nasionale Kerk. Baie van sy filosofiese werk fokus op hoe 'n persoon lewe, veral op die prioriteit van konkreet menslike realiteit bo abstrakte denke, en benadruk die belang van persoonlike keuse en toewyding. Sy teologiese werke fokus op Christelike etiek en die Kerklike instelling. Sy psigologiese werke verken die emosies van mense wat lewenskeuses in die gesig staar.

Sy filosofiese metode is deur Sokrates en Sokratiese dialoë geïnspireer, en as deel daarvan is sommige van Kierkegaard se vroeë werke onder verskeie penname geskryf; as karakters wat hulle eie, onderskeidelike sienings bied en met mekaar komplekse gesprekke wissel.