Welkom

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Welkom
Die Oryx-goudmyn naby Welkom, Suid-Afrika
Die Oryx-goudmyn naby Welkom, Suid-Afrika
Ligging van Welkom op 'n kaart (Vrystaat)
Welkom
Welkom
Koördinate: 27°58′43″S 26°44′04″O Koördinate: 27°58′43″S 26°44′04″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Vrystaat
Distriksmunisipaliteit Lejweleputswa
Plaaslike Munisipaliteit Matjhabeng
Stigting 1947
Oppervlak
 - Stad en lokasies 212,7 km²  (82,1 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Stad en lokasies 211 011
 - Digtheid 990/km² (2 564,1/myl2)
Tydsone Suid-Afrikaanse Standaardtyd (UTC+2)
Poskode Busse: 9460
Strate: 9459
Skakelkode(s) 057

Welkom is 'n jong, welvarende stad in die noordelike deel van die Vrystaat, 250 km suid van Johannesburg en 11 km suid van Odendaalsrus in die Vrystaatse Goudveld.

Geskiedenis[wysig]

Die stad is in 1947 op die plaas Welkom uitgelê. Dit het in 1961 'n munisipaliteit geword en op 14 Februarie 1968 'n stad. Die stad is ontwikkel deur William Backhouse, 'n stads- en streekbeplanningskonsultant vir Anglo American Corporation. Die dorp is ontwikkel om as 'n modeldorp te dien vir die werkers van die goudmyne van die streek.'n Kenmerk van die stad is dat verkeersligte en stopstrate grootliks uitgeskakel is deur die die gebruik van verkeerssirkels. Die woongebied Thabong is opgerig om swart werknemers te huisves. Die teorie is dat die goudmyne eers die dorp Odendaalsrus genader het vir verdere ontwikkeling, maar nadat onderhandelinge skipbreuk gelei het, is Welkom ontwikkel.

Goudmyne[wysig]

Die St. Helena-goudmyn is in Oktober 1951 in bedryf gestel. Latere myne in bedryf gestel is Welkom, Western Holdings, Free State Geduld, President Brand, President Steyn en Erfdeel-Dankbaarheid. Die myne is geweldig diep en groot hoeveelhede water word na die oppervlakte gepomp in panne. Dit het die voëllewe gestimuleer. Die Theronpan binne die munisipale gebied is as 'n park ontwikkel. Van die mynwater word ontsout en vir huishoudelike doeleindes gebruik.

Distrik[wysig]

Die distrik is 557 km2 groot en in 1954 geproklameer. Mielies en suiwel is die belangrikste landbouprodukte. Die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit het 406 461 inwoners in 2011 gehad.

Bekende persone gebore in Welkom[wysig]

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  1. Som van die hoofplekke: Hani Park, Riebeeckstad, Thabong en Welkom tydens die 2011-Sensus.