Gaan na inhoud

Frankfurt Skool: Verskil tussen weergawes

k
kNo edit summary
Die Frankfurt Skool ontstaan uit die ''Institut für Sozialforschung'' (IfS, instituut vir sosiale ondersoek) van die universiteit van Frankfurt. Dit word oorspronklik in [[1924]] deur Felix Weil gestig en staan in sy eerste jare onder die leiding van Carl Grünberg. In [[1932]], onder die leiding van Max Horkheimer (wie die leiding oorneem vanaf [[1931]], nadat Grünberg siek geword het), ontstaan die ''Zeitschrift für Sozialforschung'' as teoretiese orgaan van die instituut. In die [[tydskrif]] formuleer die lede van die instituut idees en hou hulle samesprekings oor wat later bekend sou staan as die "kritiese teorie". Hierdie kritiese teorie kan bestempel word as 'n onortodokse voortsetting van die [[marxisme]] in samestelling met ander disiplines, waaronder die psigoanalise van [[Sigmund Freud]].
 
Theodor W. Adorno, Herbert Marcuse, [[Erich Fromm]], Leo Löwenthal, Franz Neumann, Otto Kirchheimer en Friedrich Pollock is oa betrokke by die instituut. Ook [[Walter Benjamin]] wie gedurende sy emigrasie deur die instituut finansieel ondersteun word, lewer 'n aansienlike bydrae.
 
Die instituut word in [[1933]] deur die [[Nazi]]'s gesluit, en baie lede besluit om Duitsland te ontvlug. Die dreigende gevaar was egter reeds vroeër opgemerk en hulle het hul besittings al gestuur na [[Nederland]], en het ook 'n filiaal in [[Genève]] oopgemaak. So word die hoofsetel dan ook in 1933 na Genève verplaas. Uiteindelik moet die instituut, met 'n tussenstop in [[Parys]], verskuif na die [[Verenigde State]]. Dit sou aan die universiteit van Columbia opnuut gestig word deur Horkheimer. Tydens hierdie ballingskap, werk Adorno en Horkheimer onder andere aan hul ondersoek na die outoritêre karakter van die Duitse samelewing, waarin Adorno die basis sien van die Duitse fascisme. Dit lei uiteindelik tot die werk ''The Authoritarian Personality'' ([[1950]]).
24 901

wysigings