Alicedale

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Alicedale
Alicedale Old Station 1.jpg
Ligging van Alicedale op 'n kaart (Oos-Kaap)
Alicedale
Alicedale
Koördinate: 33°19′0″S 26°5′0″O Koördinate: 33°19′0″S 26°5′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Distriksmunisipaliteit Cacadu
Plaaslike Munisipaliteit Sondagsriviervallei
Oppervlak
 - Dorpie 4,70 km²  (1,8 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorpie 3 872
 - Digtheid 820/km² (2 123,8/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 6135
Skakelkode(s) 042

Alicedale is 'n spoorwegaansluiting in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Van hier swaai 'n takspoorlyn na Grahamstad vanaf die hoofspoorlyn tussen Johannesburg en Port Elizabeth. Die dorp was 'n spoorweg-opleidingskool gedurende die 19de en 20ste eeue, vandaar die pragtig bewaarde, historiese rooi siersteengebou wat nou die ontvangsarea van die hotel-oord op die dorpie huisves.

Alicedale is vernoem na mev. Alice Slessor (gebore Dale), die eggenote van die ingenieur in beheer van spoorkonstruksie. Die naaste twee dorpies is Riebeek-Oos en Paterson terwyl Grahamstad 45 km oos lê. Die Boesmansrivier vloei by Alicedale verby.

Daar is 'n puik 18-putjie gholfbaan by die Bushmans River Sands Hotel op die dorpie. Die hele baanuitleg is op die oewers van die Boesmansrivier, met verskillende waterhindernisse om te trotseer.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  1. Som van die Hoofplekke Alicedale en KwaNonzwakazi - Sensus 2011.