Nieu-Bethesda

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Nieu-Bethesda
Ligging van Nieu-Bethesda op 'n kaart (Oos-Kaap)
Nieu-Bethesda
Nieu-Bethesda
Koördinate: 31°52′0″S 24°33′0″O Koördinate: 31°52′0″S 24°33′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Distriksmunisipaliteit Cacadu
Plaaslike Munisipaliteit Camdeboo
Bevolking (2001)
 - Stad 1 007
Tydsone SAST (UTC+2)
Webwerf: http://www.nieubethesda.info/
Van die beelde in die erf van die Uilhuis
Beelde in die Uilhuis te tuin
Die kerkgebou van die NG gemeente Nieu-Bethesda, gestig in 1878.

Nieu-Bethesda is 'n klein dorp in die Groot-Karoo, Suid-Afrika, sowat 50 km noord van Graaff-Reinet in die Sneeuberg-gebied. Dit is in 1838 gestig deur Charles Murray, predikant van die NG gemeente Graaff-Reinet met die woorde "En laten wy deze plaats nu Bethesda noemen" vanweë die vrugbaarheid van die plek en die aanwesigheid van voldoende water. sy bedoeling was om die gemeente "nou Bethesda te noem" (na aanleiding Johannes 5:2-4), maar dis verkeerdelik genotuleer as "Nieuwe Bethesda" en so het die NG gemeente Nieu-Bethesda lank bekendgestaan tot dit later reggestel is as "Nu-Bethesda", net om weer in in die laaste jare weer Nieu-Bethesda te word.

Nieu-Bethesda was die tuiste van Helen Martins (1898-1976). Saam met Koos Malgas (1937-2000) het sy 'n asembenemende hoeveelheid kunswerke nagelaat. Die hele tuin en huis is vol daarvan. Die huis staan beken as die Uilhuis.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]