Jansenville

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Jansenville
Ligging van Jansenville op 'n kaart (Oos-Kaap)
Jansenville
Jansenville
Koördinate: 32°56′S 24°40′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Distriksmunisipaliteit Cacadu
Plaaslike Munisipaliteit Ikwezi
Oppervlak
 - Dorp 23,83 km²  (9,2 vk m)
Bevolking (2001)[1]
 - Dorp 1 433
 - Digtheid 60/km² (155,4/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 6265

Jansenville is 'n dorp in die Oos-Kaap, sowat 80 km suid van Graaff-Reinet. Dit is geleë in 'n streek wat as die Kamdeboo bekend staan.

Geskiedenis[wysig]

Die dorpie het ontstaan toe die NG Kerk te Uitenhage gedurende 1854 besluit het om 'n nuwe gemeente in die noorde te stig. Die plaas Vergenoegd van P.J. Fourie is uitgekoop. Die plaas lê aan die oewers van die Sondagsrivier. Die dorp is 1855 geproklameer en genoem na JW Janssens, goewerneur van die Kaapkolonie tydens die Bataafse bewind van (1803-1806). Die NG gemeente Jansenville is amptelik op 4 Februarie 1855 van die moedergemeente Uitenhage, die tweede oudste in die Oostelike Provinsie, afgestig, maar Graaff-Reinet en Somerset-Oos het ook wyke bygedra. Op sy beurt het Jansenville twee dogtergemeentes afgestaan, Waterford in 1919 en Klipplaat in 1944. Teen 2013 was dit die kleinste twee gemeentes in die Sinode van Oos-Kaapland, met onderskeidelik 47 en 40 belydende lidmate.

Distrik[wysig]

Die distrik is 4 500 km2 groot. Die belangrikste produkte is merinowol en sybokhaar. Daar is ook angorastoetplase in die distrik.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

Bron[wysig]