FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gnome globe current event.svg Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport
FIFA Sokker-Wêreldbeker
كأس العالم لكرة القدم 2022
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Katar Katar
2018
2026

Die 22ste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi word in 2022 aangebied. FIFA het in Desember 2010 aankondig dat Katar die land is wat die toernooi gaan organiseer in 2022. Dit sal die eerste Wêreldbekertoernooi in die Midde-Ooste wees, en die eerste in Asië sedert 2002. Die toernooi sal deur 32 nasionale spanne uitgespook word, insluitend dié van die gasheerland, indien die huidige formaat van die finaal behoue bly.

Kandidaatlande[wysig]

Die volgende lande was as kandidate vir die aanbied van die toernooi geïdentifiseer:

Kandidate vir 2018 en 2022 Kandidate vir 2022
Map of 2018 FIFA World Cup bids.svg
Vlag van Australië Australië Vlag van Japan Japan
Vlag van Engeland Engeland Vlag van Katar Katar
Vlag van Rusland Rusland Vlag van Suid-Korea Suid-Korea
Vlag van Verenigde State Verenigde State
Vlag van België België en
Vlag van Nederland Nederland
Vlag van Portugal Portugal en
Vlag van Spanje Spanje
██ Kandidaat vir 2018/2022
██ Kandidaat vir 2022
██ Onverkiesbaar vir 2018
██ Onverkiesbaar vir 2018/2022

Kontroversie oor aanbieding deur Katar[wysig]

Die tydskedulering van die byeenkoms is nog onseker, maar as gevolg van die warm klimaat in Katar, is kommer uitgespreek oor die hou van die byeenkoms gedurende die tradisionele maande vir die Wêreldbekertoernooi van Junie en Julie, sedert die bod gemaak is. In Oktober 2013 is 'n taakspan die opdrag gegee om alternatiewe datums te ondersoek, en verslag te doen daaroor na die 2014 sokkertoernooi in Brasilië.[1] Die gasheer Katar ontvang ook fel kritiek as gevolg van die manier waarop baie van die konstruksie-projekte verloop; honderde werkers het gesterf sedert die toernooi toegeken is aan Katar in 2010. Verder is beskuldigings van korrupsie en omkopery gemaak met betrekking tot hoe Katar die reg om die geleentheid aan te bied bekom het. FIFA is besig met 'n voortgesette ondersoek na dié bewerings, en daar was ook al oproepe om die Wêreldbekertoernooi na 'n ander land te verskuif.[2]

Verwysings[wysig]

  1. World Cup 2022: Fifa taskforce to seek new dates for tournament”. BBC Sport: 4 Oktober 2013. URL besoek op 9 Januarie 2014. (en)
  2. Japan ready to host 2022 World Cup if event stripped from Qatar”. ArabianBusiness.com: 29 Mei 2014. URL besoek op 9 Junie 2014. (en)


Sokker-Wêreldbekertoernooie FIFA Logo (2010).svg

Uruguay 1930 · Italië 1934 · Frankryk 1938 · 1942 · Brasilië 1950 · Switserland 1954 · Swede 1958 · Chili 1962 · Engeland 1966 · Meksiko 1970 · Wes-Duitsland 1974 · Argentinië 1978 · Spanje 1982 · Meksiko 1986 · Italië 1990 · Verenigde State 1994 · Frankryk 1998 · Suid-Korea/Japan 2002 · Duitsland 2006 · Suid-Afrika 2010 · Brasilië 2014 · Rusland 2018 · Katar 2022