1600

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
1600

| 16de eeu | ◄ 17de eeu ► | 18de eeu |

◄ ◄ | | 1595 | 1596 | 1597 | 1598 | 1599 | ◄ 1600 ► | 1601 | 1602 | 1603 | 1604 | 1605 | | ► ►

Dae | Eeue | Geskiedenis
Calendar-nl.png Kalenders
Gregoriaanse kalender 1600
MDC
Ab urbe condita 2353
Armeense kalender 1049

ԹՎ ՌԽԹ

Sjinese kalender 4296 – 4297

丙亥 – 丁子

Ethiopiese kalender 1592 –1593
Hebreeuse kalender 5360 – 5361
Hindoekalenders
- Vikram Samvat 1655 – 1656
- Shaka Samvat 1522 – 1523
- Kali Yuga 4701 – 4702
Irannese kalender 978 –979
Islamitiese kalender 1009 –1009


Die jaar 1600 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 100ste jaar van die 16de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad. Volgens die Juliaanse kalender, wat op die stadium 10 dae agter was, was die jaar 'n skrikkeljaar wat op 'n Dinsdag begin het.

Gebeure[wysig]

Januarie tot Junie[wysig]

Julie tot Desember[wysig]

  • 2 Julie – Slag van Nieuwport gedurende die Tagtigjarige Oorlog. Nederlandse magte onder leiding van Maurits van Nassau verslaan die Spaanse magte onder leiding van Aartshertog Albert van Oostenryk.
  • 10 JulieTycho Brahe neem 'n sonsverduistering waar vanaf Benatký. Kort daarna verhuis hy na Praag.
  • Julie – Die astronoom, Longomontanus arriveer in Praag waar hy aan die Maanorbitaalteorie werk. Hy bring die res van Tycho se astronomiese instrumente saam.
  • 30 AugustusAlessandro Ottaviano de' Medici (later Pous Leo XI) word biskop van Albano.
  • 20 September tot 9 Oktober – Slag van Moyry Pas (Bealach na mhaighre in Iers) tydens die Negejarige Oorlog. Die slag het plaasgevind in die noordelike graafskappe van Armagh en Belville in Ierland tussen die Ierse leier Hugh Ó Neill en die Engelse bevelvoerder, Graaf van Essex. Die slag eindig onbeslis met geen oorwinnaars.
  • Oktober – Rudolf II, Heilige Romeinse Keiser begin die eerste tekens toon van sy groeiende geestelike onstabiliteit.
  • 6 Oktober – Jacopo Peri se Euridice, die oudste bewaarde operastuk open in Florence.
  • 8 OktoberSan Marino kry 'n geskrewe grondwet.
  • 21 Oktober – Slag van Sekigahara in Japan. Tokugawa Ieyasu en sy bondgenote verslaan Ishida Mitsunari wat die weg baan vir die Tokugawa-sjogoenaat om te regeer. Dit dui die einde van die Azuchi-Momoyama tydperk aan en die begin van die Edo tydperk.
  • 14 Desember – Die Spaanse galjoen, San Diego word langs die kus van die Filippyne gesink.
  • 18 Desember – Vloede in Venesië.

Ongedateerd[wysig]

  • Stigting van die handelspos Tadoussac in Québec (Kanada).
  • William Shakespeare se A Midsummer Night's Dream word die eerste keer opgevoer en sy toneelstuk The Merchant of Venice word gepubliseer.
  • William Gilbert publiseer De Magnete. Dit beskryf die aarde se magneetveld en is die begin van moderne geomagnetisme.
  • Fabritio Carso se Nobiltà de dame word gepubliseer.
  • Ulster leiers met Hugh Ó Neill, 2de Graaf van Tyrone wat leiding neem, slaag daarin om 'n Engelse herverowering van Ierland teen te staan.
  • Die koninkryk van Oyo in die suid-ooste van Nigerië bereik sy hoogtepunt.
  • Die Birmaanse Ryk skeur a.g.v 'n burgeroorlog.

Geboortes[wysig]

Sterftes[wysig]