Gaan na inhoud

Celebessee

Koördinate: 3°N 122°O / 3°N 122°O / 3; 122
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur KabouterBot (besprekings | bydraes) op 07:01, 30 Junie 2020 (Robot: standardiseer verwysingsjablone en voeg argiefskakels in.)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Celebessee

Die Celebessee se noordelike grens, kusgebied van Maitum, Sarangani

Kaart van die Celebessee
Koördinate:3°N 122°O / 3°N 122°O / 3; 122
Ligging:Filippyne, Indonesië, Maleisië
Soort:See van die Stille Oseaan
Oppervlakte:280 000 km² (110 000 myl²)
Gemiddelde diepte:4 000 m (13 000 vt)
Maksimum diepte:6 220 m (20 406 vt)
Lengte:675 km (420 myl)
Breedte:837 km (520 myl)
Eiland/e:Borneo, Mindanao, Sangihe-eilande, Sulawesi, Sulu-argipel
Nedersettings:Manado (Indonesië), Zamboanga Stad (Filippyne)
Ligging van die Celebessee

Die Celebessee (Engels: Celebes Sea, Filippyns: Dagat Selebes, Indonesies en Maleis: Laut Sulawesi) is 'n see van die Stille Oseaan in Asië tussen die Filippyne (Mindanao) in die noorde, Maleisië (Borneo) in die weste en Indonesië (Sulawesi) in die suide net noord van die ewenaar. Die Celebessee grens aan die Sulusee in die noorde, die Molukkesee in die suidooste en die Filippynse See in die ooste. Die Celebessee word deur die Makassar-straat met die Javasee in die suide verbind. Die see het 'n oppervlakte van sowat 280 000 km² en 'n gemiddelde diepte van 4 000 m.[1]

Die belangrikste nedersettings aan die see is Manado in Indonesië en Zamboanga Stad in die Filippyne.

Seerowery is 'n algemene verskynsel, veral naby die kus van Borneo.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Celebes Sea" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Julie 2019. Besoek op 27 Julie 2017.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]