Anguilla (eiland)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Anguilla
Vlag van Anguilla Wapen van Anguilla
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Unity, Strength and Endurance
(Engels vir: "Eenheid, krag en uithouvermoë")
Volkslied: God Save the Queen
(Engels vir: "God beskerm die koningin")

Nasionale volkslied: God Bless Anguilla[1]
(Engels vir: "God seën Anguilla")
Ligging van Anguilla
Hoofstad The Valley

18°13′N 63°3′W / 18.217°N 63.050°W / 18.217; -63.050

Grootste stad The Valley
Amptelike tale Engels
Regering

Monarg
• Goewerneur
• Adjunkgoewerneur
• Uitvoerende Hoof
• Verantwoordelike
Britse ministera
Parlementêre afhanklikheid
onder ’n grondwetlike monargie
Elizabeth II
Tim Foy
Perin A. Bradley
Victor Banks

Tariq Ahmad
Onafhanklikheid

1980
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
91 km2  (220ste)
35 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2016-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
14 764[2] (215de)
13 452
132 / km2
341,9 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2014-skatting

$311 miljoen
$29 493,3

Geldeenheid Oos-Karibiese dollar (XCD)
Tydsone
 - Somertyd
(UTC-4)
nie toegepas nie (UTC-4)
Internet-TLD .ai
Skakelkode +1-264
a. Vir al die Britse oorsese gebiede

Anguilla (Engels: [æŋˈɡwɪlə]) is 'n klein eilandgroep in Noord-Amerika en 'n oorsese gebied van die Verenigde Koninkryk met 'n oppervlakte van 91 km² en 'n bevolking van 14 764 in 2016. Dit bestaan uit die hoofeiland Anguilla en 'n getal kleiner eilande; almal behoort tot die Klein Antille.

Lugbeeld van die hoofeiland Anguilla se westelike gedeelte
Kaart van Anguilla

Anguilla is in die noordoostelike Karibiese See op die grens met die Atlantiese Oseaan geleë. Dié eilandgebied grens in die weste aan die Britse Maagde-eilande en in die suide aan Sint Maartin. Die hoofstad en grootste stad is The Valley, wat op die hoofeiland Anguilla geleë is.

Anguilla se naam is van die ou Spaanse woord anguila vir die Palingagtiges afgelei en verwys ná die hoofeiland se vorm. Die presiese datum van 'n Europese vestiging in Anguilla is onbekend. Volgens sommige bronne het Christophorus Columbus dié eilandgroep tydens sy tweede reis vir Europa ontdek, terwyl volgens ander bronne in 1564 die Franse Hugenoot en adellike René Goulaine de Laudonnière as eerste Europeër in Anguilla voet aan wal gesit het. Die Nederlandse Wes-Indiese Kompanjie het in 1631 op die hoofeiland Anguilla 'n fort opgerig, maar nadat dit reeds in 1633 deur Spanjaarde vernietig is, weer van dié eiland onttrek. In 1650 het Engelse vanaf St. Kitts en Nevis op Anguilla gevestig.[3] Tydens die vroeë koloniale tydperk is Anguilla vanaf Antigua en Barbuda geregeer, maar in 1825 is dit onder administratiewe beheer van die nabygeleë St. Kitts en Nevis geplaas. Tussen 1958 en 1962 het dit saam met ander Britse kolonies in die Karibiese gebied deel uitgemaak van die Wes-Indiese Federasie. In 1967 het die Verenigde Koninkryk volle innerlike outonomie aan St. Kitts en Nevis toegestaan en Anguilla is, ten die wil van die bevolking, by die nuwe verenigde afhanklikheid St. Christopher-Nevis-Anguilla ingelyf. In 1980 kon Anguilla van St. Kitts en Nevis afstig en het 'n separate Britse kroonkolonie geword.[4] Anguilla word deur die Verenigde Nasies as 'n gebied sonder eie regering beskou.[5]

Seiljagwedvaart is Anguilla se nasionale en gewildste sport,[6] terwyl krieket 'n ander gewilde sport is. Spelers mag vir die Wes-Indiese nasionale krieketspan uitdraf. Dié eilandgroep is 'n gesogte vakansieplek en die ekonomie is veral op toerisme en buitelandse bankdienste gebaseer.[7]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) National Song of Anguilla”. Official Website of the Government of Anguilla. URL besoek op 21 Mei 2018.
  2. (en) World Population Prospects: The 2017 Revision”. United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. URL besoek op 21 Mei 2018.
  3. (en) Charles Prestwood Lucas (2009). A Historical Geography of the British Colonies: The West Indies. General Books LLC. p. 143. ISBN 978-1-4590-0868-7. 
  4. (en) "Anguilla's History", The Anguilla House of Assembly Elections, Regering van Anguilla, 2007, https://web.archive.org/web/20070813051037/http://gov.ai/elections/anguillahistory.htm, besoek op 9 Junie 2015 
  5. (en) Non-Self-Governing Territories”. Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies. URL besoek op 21 Mei 2018.
  6. (en) "Boat Racing Season Officially Opens". The Anguillian. 3 Maart 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Februarie 2009. Besoek op 21 Julie 2008. Director of Sports, Alkins Rogers, […] reported that the Government recognizes boat racing as the national sport of Anguilla and was giving financial resources for its development. 
  7. (en) Anguilla”. CIA World Factbook. Central Intelligence Agency. URL besoek op 21 Mei 2018.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


Vlag van die Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk Wapen van die Verenigde Koninkryk
LandeEngelandSkotlandWallisNoord-Ierland
Oorsese gebiedeAnguillaBermudaBrits-Antarktiese GebiedBritse Indiese OseaangebiedBritse Maagde-eilandeFalkland-eilandeGibraltarKaaimanseilandeMontserratPitcairneilandeSint Helena, Ascension en Tristan da CunhaSuid-Georgië en die Suidelike SandwicheilandeTurks- en Caicoseilande
KroongebiedeEiland ManGuernseyJersey
Sowereine militêre basisseAkrotiri en Dhekelië


 
Lande en gebiede in Noord-Amerika
Lande: Antigua en Barbuda | Bahamas | Barbados | Belize | Costa Rica | Dominica | Dominikaanse Republiek | El Salvador | Grenada | Guatemala | Haïti | Honduras | Jamaika | Kanada | Kuba | Meksiko | Nicaragua | Panama | St. Kitts en Nevis | St. Lucia | St. Vincent en die Grenadine | Trinidad en Tobago | Verenigde State van Amerika
Afhanklike gebiede: Koninkryk van Denemarke: Groenland | Frankryk: Clipperton - Guadeloupe - Martinique - Saint-Martin - Sint Bartolomeus‎ - Sint Pierre en Miquelon | Koninkryk van die Nederlande: Aruba - Curaçao - Sint Maarten | Nederland: Bonaire - Saba - Sint Eustatius | Verenigde Koninkryk: Anguilla - Bermuda - Britse Maagde-eilande - Kaaimanseilande - Montserrat - Turks- en Caicoseilande | Verenigde State: Amerikaanse Maagde-eilande - Navassa - Puerto Rico

Lande van: Afrika - Asië - Europa - Oseanië - Suid-Amerika