Cedric Frolick

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Cedric Thomas Frolick
Cedric Frolick

Ampsbekleër
Termynaanvang
18 November 2010
President Jacob ZumaCyril Ramaphosa

Huisvoorsitter vir komitees, oorsig en Inligtings- en Kommunikasietegnologie
Ampsbekleër
Termynaanvang
18 November 2010

Persoonlike besonderhede
Gebore 20 Januarie 1967 (1967-01-20) (54 jaar oud)
Port Elizabeth, Oos-Kaap
Politieke party African National Congress

Cedric Thomas Frolick (gebore 20 Januarie 1967) is 'n politikus en lid van die African National Congress. Hy dien tans as die huisvoorsitter vir komitees, oorsig en Inligtings- en Kommunikasietegnologie (ICT) in die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika.

Biografie[wysig | wysig bron]

Opleiding[wysig | wysig bron]

Frolick is in 1967 in Schauderville, 'n noordelike woongebied van Port Elizabeth, gebore.[1] Hy het aan die De Vos Malan Laerskool in Schauderville skoolgegaan en gevorder om met vrystelling te matrikuleer by die David Livingstone Senior Secondary School in 1984. Daarna het hy aan die Universiteit van Port Elizabeth studeer vanaf 1985-1988 waar hy 'n BA graad met hoofvakke Aardrykskunde en Sielkunde behaal het in 1987. 'n Hoër Diploma in Onderwys, (nagraads) in 1988 en 'n BA Opvoedkunde (Honneursgraad) in 1992 voltooi het hierop gevolg.

Politiek[wysig | wysig bron]

Hy is 'n oudonderwyser, politikus en anti-apartheid aktivis. Hy het in 1999 uit die onderwys bedank om 'n voltydse politikus in die parlement geword. Op 18 November 2010 het die ANC hom as die huisvoorsitter vir komitees, oorsig en IKT in die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika aangestel.[2][3]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Cedric Frolick". Who’s Who of Southern Africa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2011-09-21. Besoek op 2011-11-23.
  2. Mokone, Thabo (2010-11-18). "ANC reshuffles leadership in parliament". The Times. South Africa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2011-02-06.
  3. "ANC reshuffles parliamentary leadership". News24. 18 November 2011. Besoek op 30 November 2011.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]