Floyd Shivambu
Die agbare Floyd Shivambu | |
Lid van die parlement
| |
Persoonlike besonderhede
| |
---|---|
Gebore | Nyiko Floyd Shivambu 1 Januarie 1983 Malamulele, Gazankulu |
Politieke party | Ekonomiese Vryheidsvegters→ Umkhonto we Sizwe-party |
Nyiko Floyd Shivambu (gebore 1 Januarie 1983 te Malamulele, Gazankulu) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat tot 15 Augustus 2024 as 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die Ekonomiese Vryheidsvegters gedien het.[1] Hy het hom dieselfde dag by Jacob Zuma se Umkhonto we Sizwe-party aangesluit.
Shivambu is in Malamulele, Limpopo, gebore. Hy was die Adjunkpresident en luitenant-hoofbevelvoerder van die Ekonomiese Vryheidsvegters, die Parlementêre hoofsweep daarvan in die Suid-Afrikaanse Parlement, wat in die Handel en Nywerheidportefeuljekomitee en die Staande Komitee oor Finansies gedien het. Shivambu was ook 'n lid van die Pan-Afrika-parlement, wat in die Komitee vir Landelike Ekonomie, Landbou, Natuurlike Hulpbronne en Omgewing gedien het.[2][3]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Masuabi, Queenin (15 Augustus 2024). "Shivambu quits EFF for MK, Malema likens 'pain' to mother's death". Daily Maverick (in Engels). Besoek op 15 Augustus 2024.
- ↑ Nyiko Floyd Shivambu :: People's Assembly
- ↑ | WATCH: Ndlozi, Shivambu kicked out of Parliament | Geargiveer 25 Augustus 2018 op Wayback Machine eNCA