Siviwe Gwarube
Siviwe Gwarube | |
Skaduminister van Gesondheid
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 5 Junie 2019 | |
Vise | Lindy Wilson |
---|---|
Voorafgegaan deur | Patricia Kopane |
Lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 22 Mei 2019 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Siviwe Gwarube 14 Julie 1989 King William’s Town |
Politieke party | Demokratiese Alliansie |
Alma mater | Rhodes Universiteit |
Siviwe Gwarube (gebore 14 Julie 1989) is 'n Suid-Afrikaanse politikus van die Oos-Kaap. Gwarube is 'n lid van die Demokratiese Alliansie (DA). Sy dien sedert Julie 2024 as Minister van Basiese Onderwys. Gwarube was die DA se skaduminister van gesondheid voor haar aanstelling as minister. Sy het 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika op 22 Mei 2019 geword.
Vroeë lewe
[wysig | wysig bron]Gwarube is in King William's Town in die destydse Kaapprovinsie gebore. Sy is deur haar ouma grootgemaak. Sy het Kingsridge High School for Girls bygewoon en daar gematrikuleer. Sy het 'n BA-graad in regte, politiek en filosofie van die Rhodes Universiteit behaal.[1]
Loopbaan
[wysig | wysig bron]Sy het haar loopbaan in kommunikasie begin. Sy is toe in 2012 deur Lindiwe Mazibuko in diens geneem. Haar volgende werk was as hoof van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement. Voor haar verkiesing tot die parlement was sy hoof van die DA se kommunikasies.[1]
Sy is op 22 Mei 2019 as 'n parlementslid ingehuldig. Mmusi Maimane, destydse DA-parlementêre leier, het haar in die pos van skaduminister van gesondheid aangewys. Die nuutverkose leier John Steenhuisen (verkies in Oktober 2019) het haar in haar pos behou.[1]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 (en) NHI Lawmakers: Face to face with DA MP Siviwe Gwarube, Spotlight, 18 November 2019. Besoek op 12 April 2020.