Gaan na inhoud

Luyolo Mphithi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Luyolo Mphithi
Luyolo Mphithi
Mphithi in 2018

Ampsbekleër
Termynaanvang
22 Mei 2019
Leier John Steenhuisen

Skaduminister vir vroue, jeugdiges en persone met gestremdhede
Ampsbekleër
Termynaanvang
5 Junie 2019
Vise Nazley Sharif
Leier Mmusi Maimane
John Steenhuisen
Voorafgegaan deur Denise Robinson

Federale leier van Demokratiese Alliansie Jeug
Ampsbekleër
Termynaanvang
6 April 2018
Voorafgegaan deur Yusuf Cassim

Persoonlike besonderhede
Gebore 1 September 1992 (1992-09-01) (32 jaar oud)
Nasionaliteit Suid-Afrikaner
Politieke party Demokratiese Alliansie
Alma mater Universiteit van die Witwatersrand

Luyolo Mphithi (gebore 1 September 1992)[1] is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat die Skaduminister van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede in die presidensie is, en 'n lid van die Parlement sedert 2019. Hy is 'n lid van die Demokratiese Alliansie en dien tans as die federale leier van sy jeugstruktuur.

Opleiding

[wysig | wysig bron]

Mphithi het aan die Universiteit van die Witwatersrand 'n BA- graad in politieke wetenskap, internasionale betrekkinge en regte, sowel as 'n gesamentlike honneursgraad in internasionale betrekkinge en politieke wetenskap behaal. Hy is tans besig met sy meestersgraad in Publieke Administrasie aan dieselfde universiteit.[2]

Loopbaan

[wysig | wysig bron]

Mphithi was in diens van die Mpumalanga Provinsiale Wetgewer as navorsings- en kommunikasiebeampte, wat verantwoordelik was vir die ondersoek na die terreine van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede, menslike nedersettings, openbare werke, paaie en vervoer, sowel as openbare veiligheid en skakeling. [2]

Hy was ook werksaam as konsultant by verskillende instansies, soos die Executive Research Associates, die Hanns Seidel-stigting, die Universiteit van die Witwatersrand en die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking. [2]

Politieke loopbaan

[wysig | wysig bron]

Mphithi het as raadslid van die Demokratiese Alliansie in die stad Johannesburg vir die gemeenskap van Meadowlands in Soweto gedien. Gedurende sy tyd in die stadsraad was hy 'n lid van die komitees oor openbare veiligheid en omgewing, infrastruktuur en dienste.[2] Hy het ook as direkteur en departementshoof vir politieke administrasie vir die munisipaliteit gedien.

Mphithi het die DA se Jong Leiersprogram suksesvol voltooi en verskeie rolle in die DA beklee. Terwyl hy 'n student aan die Universiteit van Witwatersrand was, was hy hoof van die Universiteit se Demokratiese Alliansie-studenteorganisasie (DASO) en ook die adjunkvoorsitter van die DA se Gautengse jeugtak in 2012. [2] Hy dien as lid van die party se Federale Raad vir die Johannesburgse streek. Verder dien hy as tesourier vir die African Liberal Youth (ALY). Hy het die organisasie op die African Liberal Network se 2017-konferensie in Nairobi, Kenia, verteenwoordig.[3]

Op die DA-konferensie in April 2018 is Mphithi tot federale leier van die DA-jeug verkies, en volg daarmee Yusuf Cassim op.

Mphithi het 15de op die DA se nasionale lys as parlementêre kandidaat in die nasionale verkiesing van 2019 gestaan, is daarmee verkies tot die Nasionale Vergadering en beëdig op 22 Mei 2019. Op 5 Junie is Mphithi in sy tweede skadukabinet deur die DA-leier, Mmusi Maimane, aangewys as die skaduminister van vroue, jeugdiges en persone met gestremdhede in die presidensie.

Maimane het in Oktober 2019 as DA-leier bedank en John Steenhuisen is in November as sy tussentydse opvolger gekies. Op 1 November 2020 is Steenhuisen tydens die DA se Federale Kongres gemaklik vir 'n volle termyn as leier verkies. Hy het op 5 Desember sy skadukabinet aangekondig en Mphithi as skaduminister vir vroue, jeugdiges en persone met gestremdhede in die presidensie behou.[4]

Toekennings

[wysig | wysig bron]

Mphithi is bekroon met die Ernest Oppenheimer-gedenkbeurs, die Mandela Rhodes-beurs, Mellon-Mays Voorgraadse Genootskap, sowel as die Mandela Washington Genootskap van die Young African Leaders Initiative.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. NPE2024 - Nasionale Kandidatelys soos op 10 April 2024
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 2,5 "Luyolo Mphithi". Democratic Alliance. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Januarie 2021. Besoek op 20 Januarie 2021.
  3. Gerber, Jan (5 Junie 2019). "Here's the DA's 'shadow cabinet'". News24. Besoek op 20 Januarie 2021.{{cite news}}: AS1-onderhoud: url-status (link)
  4. Mazzone, Natasha. "DA announces new Shadow Cabinet that will bring Real Hope and Real Change". Democratic Alliance. Besoek op 20 Januarie 2021.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]