Wynand Boshoff

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Wynand Boshoff

Ampsbekleër
Termynaanvang
22 Mei 2019

Persoonlike besonderhede
Gebore 26 Mei 1970 (1970-05-26) (50 jaar oud)
Pretoria
Politieke party Vryheidsfront Plus
Eggenoot/eggenote Esme Maritz
Kind(ers) 5
Alma mater Universiteit van die Vrystaat
Universiteit van Pretoria

Wynand Johannes Boshoff (gebore op 26 Mei 1970) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat sedert 22 Mei 2019 dien as 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika. Boshoff is 'n lid van die Vryheidsfront Plus en die party se provinsiale leier in die Noord-Kaap. Hy was 'n munisipale raadslid van die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit. Boshoff is die seun van Carel Boshoff, stigter van Orania, en die kleinseun van Hendrik Verwoerd, die voormalige eerste minister van Suid-Afrika wat vermoor is in 'n sluipmoord.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Verwoerd's grandson on his way to Parliament. News24. Besoek op 12 April 2020.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]