Gaan na inhoud

Darren Bergman

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Darren Bergman

Skadu-adjunkminister van Handel, Nywerheid en Kompetisie
Ampsbekleër
Termynaanvang
21 April 2023
Leier John Steenhuisen
Voorafgegaan deur Mathew Cuthbert

Skaduminister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking
Ampstermyn
5 Junie 2019 – 21 April 2023
Vise Mergan Chetty
Leier John Steenhuisen
Mmusi Maimane
Voorafgegaan deur Stevens Mokgalapa
Opgevolg deur Emma Powell

Skadu-adjunkmister van Sport en Ontspanning
Ampstermyn
5 Junie 2014 – 5 Junie 2019
Leier Mmusi Maimane
Voorafgegaan deur Donald Lee
Opgevolg deur Amp geskrap

Ampsbekleër
Termynaanvang
21 May 2014

Persoonlike besonderhede
Gebore 18 Oktober 1977 (1977-10-18) (46 jaar oud)
Nasionaliteit Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Politieke party Demokratiese Alliansie (2000–hede)
Demokratiese Party (tot 2000)
Religie Judaïsme

Darren Bergman (gebore 18 Oktober 1977) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat sedert Mei 2014 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika is, waar hy die Demokratiese Alliansie verteenwoordig. Hy is ook die DA se skadu-adjunkminister van handel, nywerheid en kompetisie nadat hy voorheen as die party se skadu-adjunkminister van sport en ontspanning en skadu-minister van internasionale betrekkinge en samewerking gedien het.

Biografie

[wysig | wysig bron]

Bergman het by Hoërskool King David in Linksfield, Johannesburg, skoolgegaan.[1] Hy was die besturende direkteur van Youth Against Crime, 'n polisieman, 'n basiese lewensparamedikus en 'n konsultant voordat hy aktief in die politiek geraak het. In 1999 het hy die streekjeugleier van die Demokratiese Party in Johannesburg geword.[2] Bergman is in die munisipale verkiesing van 2000 tot die Johannesburgse stadsraad verkies as 'n verteenwoordiger van die nuutgestigte Demokratiese Alliansie.[2] Hy het as 'n proposionele verteenwoordigende-raadslid en as 'n wyksraadslid vir die DA gedien totdat hy in 2014 tot die parlement verkies is.[2] Bergman het ook as tesourier van die Afrika Liberale-netwerk gedien.[2]

Parlementslid

[wysig | wysig bron]

Bergman het as DA-parlementêre kandidaat in die 2014 nasionale verkiesing gestaan en is tot die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika verkies en op 21 Mei 2014 ingesweer.[3] Op 5 Junie 2014 is hy deur Mmusi Maimane as skadu-adjunkminister van sport en ontspanning aangestel.[4] Bergman het op 20 Junie 2014 'n lid van die Portefeuljekomitee oor Sport en Ontspanning geword. Op 17 September 2015 is hy as 'n plaasvervangende lid van die Portefeuljekomitee oor Internasionale Betrekkinge en Samewerking aangestel.[1]

Bergman is in die nasionale en provinsiale verkiesing van 8 Mei 2019 tot die parlement herverkies.[5] Hy is toe deur die nuutverkose DA-koukus as 'n sweep verkies.[6] Op 5 Junie 2019 is Bergman bevorder tot skaduminister van internasionale betrekkinge en samewerking.[7]

Bergman het in September 2019 gepoog om ’n konflik tussen EFF-LP Marshall Dlamini en mede-DA-LP Denis Joseph op te breek.[8] Maimane het in Oktober 2019 as DA-leier bedank en John Steenhuisen is tot sy tussentydse opvolger verkies. Hy het Maimane se kabinet tydelik behou.

In Oktober 2020 het Bergman president Cyril Ramaphosa, wat ook as voorsitter van die Afrika-unie gedien het, gekritiseer omdat hy oor baie Afrika-krisisse stil was.[9]

Nadat Steenhuisen vir 'n volle termyn tot DA-leier verkies is, het hy sy skadukabinet in Desember 2020 aangekondig. Bergman het aangebly as Skaduminister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking.[10]

Bergman het in die 2020 Register van Ledebelange verklaar dat hy R10 000 per maand ontvang het vir konsultasiewerk in 'n maatskappy wat hy met geassosieerdes besit.[11]

Bergman het in Januarie 2021 geëis dat Suid-Afrikaanse diplomate nagenoeg R10 miljoen in onterugbetaalde huurdeposito's betaal.[12]

Bergman is op 21 April 2023 tot skadu-adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging gedemoveer.[13]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 "Mr Darren Bergman". People's Assembly. Besoek op 29 Januarie 2021.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 "Darren Bergman". liberal-international.org. Besoek op 29 Januarie 2021.
  3. "2014 elections: List of DA MPs elected to the National Assembly". Politicsweb. Besoek op 29 Januarie 2021.
  4. Maimane, Mmusi (5 Junie 2014). "The DA's shadow cabinet - Mmusi Maimane". Politicsweb. Besoek op 29 Januarie 2021.
  5. "SEE: These are the people who will represent you in Parliament, provincial legislatures". News24. 15 Mei 2019. Besoek op 29 Januarie 2021.
  6. Phakathi, Bekezela (30 Mei 2019). "DA picks its caucus leadership team". BusinessDay. Besoek op 29 Januarie 2021.
  7. Gerber, Jan (5 Junie 2019). "Here's the DA's 'shadow cabinet'". News24. Besoek op 29 Januarie 2021.
  8. Gerber, Jan (17 Mei 2019). "Tempers flare between EFF, DA after Malema's speech in Parliament". News24. Besoek op 29 Januarie 2021.
  9. "DA slams Ramaphosa for being silent on African crises". IOL. 27 Oktober 2020. Besoek op 29 Januarie 2021.
  10. Mazzone, Natasha. "DA announces new Shadow Cabinet that will bring Real Hope and Real Change". Democratic Alliance. Besoek op 29 Januarie 2021.
  11. "MPs moonlighting, getting money from churches, and even free mall parking. Find out what else they have declared". www.iol.co.za (in Engels). Besoek op 19 Maart 2022.
  12. Maqhina, Mayibongwe (7 Januarie 2021). "DA wants diplomats to pay back R10m in unreturned rental deposits". IOL. Besoek op 29 Januarie 2021.
  13. "Mathew Cuthbert replaces Gwen Ngwenya as DA's head of policy". TimesLIVE (in Engels). Besoek op 21 April 2023.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.