Suid-Afrikaanse Olimpiese Wenners

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

In die tydperk dat Suid-Afrika aan die Olimpiese Somer Spele deelgeneem het (1908-1960), is altesaam sestien goue medaljes ingepalm. In die tyd het net agtien lande meer goue medaljes as Suid-Afrika verower.

Goue Medaljes[wysig | wysig bron]

Die sestien Springbok-Sportsterre het in vyf sportsoorte goue medaljes gewen:

Sport Land Goue Medalje Jaar
Athletics pictogram.svg Atletiek Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Reginald Walker Olimpiese Somerspele 1908Londen, Verenigde Koninkryk
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Kenneth McArthur Olimpiese Somerspele 1912Stockholm, Swede
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Bevil Rudd Olimpiese Somerspele 1920Antwerpen, België
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Syd Atkinson Olimpiese Somerspele 1928Amsterdam, Nederland
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Esther Brand Olimpiese Somerspele 1952Helsinki, Finland
Tennis pictogram.svg Tennis Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Charles Winslow 1912
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika H. A. Kitson 1912
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Louis Raymond 1920
Cycling (road) pictogram.svg Fietsry Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Rudolph Lewis 1912
Boxing pictogram.svg Boks Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Clarence Walker 1920
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Willie Smith Olimpiese Somerspele 1924Parys, Frankryk
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Laurie Stevens Olimpiese Somerspele 1932Los Angeles, Verenigde State
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Dave Carstens 1932
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Gerald Dreyer Olimpiese Somerspele 1948Londen, Verenigde Koninkryk
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika George Hunter 1948
Swimming pictogram.svg Swem Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Joan Harrison 1952

Olimpiese roem[wysig | wysig bron]

Reggie Walker het Suid-Afrika se Olimpiese deelname op 'n glorieryke manier ingewy deur die 100 m te wen. Dit was 'n nuwe Olimpiese rekord toe hy die wenpaal na 10,8 s bereik het. Vir die eerste keer s die belangrike Olimpiese naelloop deur 'n atleet van buite die V.S.A gewen. Ook was dit die eerste keer dat 'n Olimpiese goue medalje teen 'n Springbokwapen gepryk het.

Kenneth McArthur het ook 'n nuwe Olimpiese rekord in die maraton opgestel. Die konstabel van Krugersdorp het die goue medalje voor sy spanmaat Christopher Gitsham, 'n mynwerker van Germiston ingepalm. Dit was 'n trotse dag vir Suid-Afrika met 1ste en 2de plek in die item.

Bevil Rudd het by die Olimpiese Somerspele van 1920 in Antwerpen drie medaljes verwerf. Sy uitsonderlike driekuns het goud in die 400 m naelloop, silwer in die 4 x 400m-aflos en ' n brons in die 800m ingesluit.

Esther Brand se Olimpiese oorwinning is een van die grootste vertonings ooit deur 'n Suid-Afrikaanse sportvrou. Sy het Suid-Afrika se goue medalje-verhaal op 'n hoë noot afgesluit voor wêreldpolitiek die land se deelname beperk het aan die Olimpiese Spele van 1964 tot 1988. Daar was nie 'n goue medalje wenner in 1960 in Rome, by Suid-Afrika se laaste Olimpiese deelname tot 1992 nie.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronnelys[wysig | wysig bron]

Kennis, vol 2, bl. 322-323, ISBN 0 7981 0824 X