Olimpiese Winterspele 1960

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
VIIIe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 1960

Gehou in Squaw Valley, Verenigde State
Deelnemende lande 30
Deelnemende atlete 665 (521 mans, 144 vroue)[1]
Items 27 in 4 sporte
Openingseremonie 18 Februarie 1960
Sluitingseremonie 28 Februarie 1960
Amptelik geopen deur Adjunkpresident Richard Nixon
Atlete-eed Carol Heiss (kunsskaats)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam Ken Henry (langbaanskaats)
Vorige Spele 1956: Corina d'Ampezzo (Italië)
Volgende Spele 1964: Innsbruck (Oostenryk)

Die Olimpiese Winterspele 1960 (Engels: 1960 Winter Olympics), amptelik bekend as die VIIIste Olimpiese Winterspele, is tussen 18 en 28 Februarie 1960 in Squaw Valley, Verenigde State, aangebied. Die ander kandidaatstede was Innsbruck, St. Moritz en Garmisch-Partenkirchen.

Toe daar in 1955 besluit is om die Spele in Squaw Valley te hou, het die "dorp" slegs een inwoner, die organiseerder van die Spele, Alexander Cushing, gehad. Na die toewysing aan hierdie ski-oord, moes bouwerk teen 'n versnelde tempo plaasvind om die nodige geriewe betyds daar te stel. Die Olimpiese Somerspele 1960 is in Rome, Italië, aangebied.

Die Spele was die eerste Winterspele waaraan Suid-Afrika deelgeneem het, maar Suid-Afrika kon geen medaljes verower nie. Dit was ook die laaste waaraan Suid-Afrika deelgeneem het voor deelname geweier is as gevolg van die Apartheidsbeleid. Die volgende Winterspele waaraan Suid-Afrika deelneem is 34 jaar later in 1994.

Toewysing[wysig | wysig bron]

Squaw Valley is op 16 Junie 1955 in Parys deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 1960. Ander kandidate was: Innsbruck, Garmisch-Partenkirchen en St. Moritz. Innsbruck sal uiteindelik gasheer vir die volgende Olimpiese Winterspele 1964 word.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 1960[2]
Stad Land Rondte 1 Rondte 2
Squaw Valley Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 30 32
Innsbruck Vlag van Oostenryk Oostenryk 24 30
Garmisch-Partenkirchen Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland 5
St. Moritz Vlag van Switserland Switserland 3

Sporte[wysig | wysig bron]

4 Olimpiese sporte in 8 dissiplines is tydens die Spele beoefen.

Kalender[wysig | wysig bron]

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS  Openingseremonie  ●  Wedstryde  1  Wedstryde met medaljes  SS  Sluitingseremonie
Februarie 1960 18
Do
19
Vr
20
Sa
21
So
22
Ma
23
Di
24
Wo
25
Do
26
Fr
27
Sa
28
So
Wedstryde
Seremonies OS SS
Alpine skiing pictogram.svg Alpeski 1 1 1 1 1 1 6
Cross country skiing pictogram.svg Heg-en-steg-ski 1 1 1 1 1 1 6
Nordic combined pictogram.svg Noorse kombinasie 1 1
Ski jumping pictogram.svg Skansspring 1 1
Figure skating pictogram.svg Kunsskaats 1 1 1 3
Speed skating pictogram.svg Langbaanskaats 1 1 1 1 1 1 1 1 8
Biathlon pictogram.svg Tweekamp 1 1
Ice hockey pictogram.svg Yshokkie ●  ●  ●  ●  ●  ●  ●  ●  ●  1 1
Totaal 0 2 3 3 3 4 2 2 4 2 2 27
Kumulatief 0 2 5 8 11 15 17 19 23 25 27 27

Deelnemende nasies[wysig | wysig bron]

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Aantal medaljes[wysig | wysig bron]

Teken met die Olimpiese sporte buite die Olimpiese dorpie by Squaw Valley

Hier is die top 14 lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek  Land  Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1 Vlag van Sowjetunie Sowjetunie (URS) 62 7 5 9 21
2 Vlag van Duitsland Duitsland (GER) 74 4 3 1 8
3 Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (USA) 79 3 4 3 10
4 Vlag van Noorweë Noorweë (NOR) 29 3 3 0 6
5 Vlag van Swede Swede (SWE) 47 3 2 2 7
6 Vlag van Finland Finland (FIN) 48 2 3 3 8
7 Vlag van Kanada Kanada (CAN) 44 2 1 1 4
8 Vlag van Switserland Switserland (SUI) 21 2 0 0 2
9 Vlag van Oostenryk Oostenryk (AUT) 26 1 2 3 6
10 Vlag van Frankryk Frankryk (FRA) 26 1 0 2 3
11 Vlag van Nederland Nederland (NED) 7 0 1 1 2
Vlag van Pole Pole (POL) 13 0 1 1 2
13 Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye (TCH) 21 0 1 0 1
14 Vlag van Italië Italië (ITA) 28 0 0 1 1
Totaal (14 NOKs) 525 28 26 27 81

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) The Olympic Winter Games Factsheet”. Internasionale Olimpiese Komitee. URL besoek op 20 Augustus 2016.
  2. (en) Past Olympic host city election results”. GamesBids. URL besoek op 20 Augustus 2016.

Verdere leesstof[wysig | wysig bron]

  • (de) Volker Kluge (1999). Olympische Winterspiele. Die Chronik, 3., erw. Auflage, Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00831-4. 
  • (en) Arnd Krüger; Matti Goksör, Gerd von der Lippe, Kristian Mo (1996). The History of the Olympic Winter Games. The Invention of a Tradition. Oslo: Norsk Idrettshistorisk Vörening. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:


Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896 · 1900 · 1904 · 1906* · 1908 · 1912 · 1916 · 1920 · 1924 · 1928 · 1932 · 1936 · 1940 · 1944 · 1948 · 1952 · 1956 · 1960 · 1964 · 1968 · 1972 · 1976 · 1980 · 1984 · 1988 · 1992 · 1996 · 2000 · 2004 · 2008 · 2012 · 2016 · 2020

Olimpiese Winterspele: 1924 · 1928 · 1932 · 1936 · 1940 · 1944 · 1948 · 1952 · 1956 · 1960 · 1964 · 1968 · 1972 · 1976 · 1980 · 1984 · 1988 · 1992 · 1994 · 1998 · 2002 · 2006 · 2010 · 2014 · 2018 · 2022
Internasionale Olimpiese Komitee - Nasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.