Olimpiese Somerspele 1912

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Spele van die Ve Olimpiade
Olimpiesespele van 1912

Gehou in Stockholm, Swede
Deelnemende lande 28 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 2 407 (2 359 mans, 48 vroue)[1]
Items 102 in 14 sporte[2]
Openingseremonie 5 Mei 1912
Sluitingseremonie 27 Julie 1912
Amptelik geopen deur Koning Gustav V[3]
Atlete-eed (sedert 1920)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam (sedert 1936)
Vorige Spele 1908: Londen (VK)
Volgende Spele 1916: Berlyn (Duitsland)

Die Olimpiese Somerspele 1912 (Sweeds: Olympiska sommarspelen 1912), amptelik bekend as die Spele van die Vde Olimpiade, is tussen 5 Mei en 27 Julie 1908 in Stockholm, Swede, aangebied. Stockholm was die enigste kandidaatstad en is in 1909 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) as gashouer benoem.[4]

Die Olimpiese Stadion in Stockholm, wat ter geleentheid van die Olimpiese Somerspele 1912 opgerig is

Hierdie spele was 'n toonbeeld van effektiwiteit, vir die eerste keer word van 'n omroepstelsel en elektroniese tydmeting gebruik gemaak. Vir die Spele bou die organisasiekomitee die bekende rooi baksteen-stadion met sy middeleeuse aansig, wat twee-en-dertigduisend toeskouers kon akkommodeer. Die swemitems vind in die soutwater swembad van Djurgårdsbrunnsviken, in die stadsentrum van Stockholm plaas. Dit was die laaste Olimpiese Somerspele voor die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog twee jaar later.

Sporte[wysig | wysig bron]

14 Olimpiese sportsoorte in 102 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 103 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.

Stadions[wysig | wysig bron]

Openingseremonie van die 1912 Stockholm-Spele
Die Sweedse span tydens die openingsplegtigheid

Twaalf sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1912 gebruik:

Stadion Sporte Kapasiteit
Barkarby Moderne vyfkamp (perdry) Nie gelys nie
Djurgårdsbrunnsviken Sierduik, Moderne vyfkamp (swem), Roei, Swem, Waterpolo Nie gelys nie
Fältrittklubben Ruitersport (uithouvermoë) Nie gelys nie
Kaknäs Moderne vyfkamp (skiet) Nie gelys nie
Liljeholmen Fietsry, Ruitersport Nie gelys nie
Lindarängen Ruitersport (Veelsydigheidshindernisloop) Nie gelys nie
Mälaren Fietsry Nie gelys nie
Nynäshamn Seiljagwedvaart Nie gelys nie
Östermalm Atletiekgrond Ruitersport, Skermsport, Moderne vyfkamp (skermsport), Tennis Nie gelys nie
Råsunda-stadion Sokker, Skyfskiet Nie gelys nie
Olimpiese Stadion Stockholm Atletiek, Ruitersport, Sokker, Gimnastiek, Moderne vyfkamp (hardloop), Toutrek, Stoei 33 000
Tranebergs Idrottsplats Sokker Nie gelys nie

Deelnemende nasies[wysig | wysig bron]

Kaart van deelnemende nasies in 1912:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

     Gasheerstad Stockholm

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname[wysig | wysig bron]

Suid-Afrika se Rudolph Lewis tydens die Olimpiese Somerspele 1912

Suid-Afrika neem aan hierdie Spele deel en behaal 'n algehele sewende plek met vier goue en twee silwermedaljes. Rudolph Lewis wen onder andere 'n gouemedalje in fietsry en word so die eerste Suid-Afrikaner om 'n gouemedalje in die sport te wen. Kenneth McArthur wen die gouemedalje in maraton en sy landgenoot Christopher Gitsham wen die silwermedalje.

Suid-Afrika wen die gouemedalje in tennisdubbelspel en Charles Lyndhurst Winslow wen goud in die enkelspel terwyl Harry Austin Kitson 'n silwermedalje losslaan.[5]

Getal medaljes[wysig | wysig bron]

Fanny Durack en Mina Wylie, die goue en silwermedaljes in die eerste vroue se individuele swem-geleentheid

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek  Land  Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1 Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (USA) 174 25 19 19 63
2 Vlag van Swede Swede (SWE) 444 24 24 17 65
3 Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk (GBR) 279 10 15 16 41
4 Vlag van Rusland Finland (FIN) 164 9 8 9 26
5 Vlag van Frankryk Frankryk (FRA) 112 7 4 3 14
6 Vlag van Duitse Keiserryk Duitse Keiserryk (GER) 187 5 13 7 25
7 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (RSA) 21 4 2 0 6
8 Vlag van Noorweë Noorweë (NOR) 191 4 1 4 9
9 Vlag van Kanada Kanada (CAN) 36 3 2 3 8
Vlag van Hongarye Hongarye (HUN) 119 3 2 3 8

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Besoek op 2 Maart 2018. 
  2. (en) "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Besoek op 2 Maart 2018. 
  3. (en) "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Besoek op 2 Maart 2018. 
  4. (en) "Past Olympic host city election results". GamesBids. Besoek op 2 Maart 2018. 
  5. SA se geskiedenis by die Olimpiese Spele, Rapport, 1 Julie 2012

Verdere leesstof[wysig | wysig bron]

  • (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9. 
  • (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle. Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065. 
  • (de) Volker Kluge (1997). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 1. Athen 1896 – Berlin 1936. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00715-6. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.