Olimpiese Somerspele 1964
Spele van die XVIIIe Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Somerspele 1964 (Japannees: 第十八回オリンピック競技大会, Dai Jūhachi-kai Orinpikku Kyōgi Taikai), amptelik bekend as die Spele van die XVIIIde Olimpiade, is tussen 10 en 24 Oktober 1964 in Tokio, Japan, aangebied. Naas Tokio het Detroit, Wene en Brussel aansoek gedoen om die spele te kon aanbied. Dit was die eerste Olimpiese Spele wat in Asië aangebied is.
Tokio was vroeër (in 1940) al gekies om die Spele te organiseer, maar die spele is later aan Helsinki, Finland, toegewys vanweë Japan se inval in China en die uitbreek van die Tweede Chinees-Japannese Oorlog. Uiteindelik is die Olimpiese Somerspele van 1940 as gevolg van die Tweede Wêreldoorlog se uitbreek gekanselleer.
Die organisasie van die 1968-Spele was, danksy 'n begroting van ses-en-twintig miljoen dollar, onberispelik. Die sportakkomodasie was nagenoeg perfek, met 'n indrukwekkende stadion en 'n reusagtige Olimpiese swembad. Ondanks hierdie skitterende infrastruktuur ontbreek die Spele skynbaar tog aan geesdrif en warmte.
Noord-Korea het sy atlete van die Olimpiese Somerspele 1964 onttrek weens geskille met die IOK oor die deelname van atlete by die GANEFO (Spele van die Nuwe Opkomende Magte) in Djakarta, Indonesië. Noord-Korea se boikot is ondersteun deur Indonesië en die Volksrepubliek China.
Die Olimpiese Winterspele 1964 is in Innsbruck, Oostenryk, aangebied. Die Paralimpiese Somerspele 1964 is tussen 3 en 12 November in Tokio gehou.
Toewysing
[wysig | wysig bron]Tokio is op 26 Mei 1959 in München deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1964. Ander kandidate was: Detroit, Wene en Brussel.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1964[4] | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 | ||||
Tokio | Japan | 34 | ||||
Detroit | Verenigde State | 10 | ||||
Wene | Oostenryk | 9 | ||||
Brussel | België | 5 |
Sporte
[wysig | wysig bron]19 Olimpiese sportsoorte in 163 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 163 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.
- Atletiek (36)
- Basketbal (1)
- Boks (10)
- Fietsry
- Baan (5)
- Pad (2)
- Gewigoptel (7)
- Gimnastiek (14)
- Judo (4)
- Kanovaart (7)
- Moderne vyfkamp (2)
- Roei (7)
- Ruitersport
- Dressuur (2)
- Driefasekompetisie (2)
- Spring (2)
- Seilvaart (5)
- Skermsport (8)
- Skyfskiet (6)
- Sokker (1)
- Stoei
- Grieks-Romeins (8)
- Vrystyl (8)
- Veldhokkie (1)
- Vlugbal (2)
- Watersport
Stadions
[wysig | wysig bron]33 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1964 gebruik:
Stadion | Sporte | Kapasiteit | Opgerig |
---|---|---|---|
Asaka Nezu Park | Moderne vyfkamp (perdry) | 1 300 | Tydelik |
Asaka Skietbaan | Moderne vyfkamp (skietsport), Skyfskiet (pistool/geweer) | 1 200 | Nuut |
Chofu Stad | Atletiek (maratoon, 50 km-loop) | Nie gelys nie | Tydelik |
Enoshima | Seilvaart | Nie gelys nie | Nuut |
Fuchu Stad | Atletiek (maraton, 50 km-loop) | Nie gelys nie | Tydelik |
Hachioji Stad | Fietsry (pad) | 3 000 | Tydelik |
Hachioji Velodrome | Fietsry (baan) | 4 122 | Tydelik |
Karasuyama-machi | Atletiek (maraton, 50 km-loop) | Nie gelys nie | Tydelik |
Karuizawa | Ruitersport | 1 524 | Tydelik |
Kemigawa | Moderne vyfkamp | 1 504 | Tydelik |
Komazawa Gimnasium | Stoei | 3 875 | Nuut |
Komazawa Hokkieveld | Veldhokkie | 2 056 (1ste veld) 3 432 (2de veld) 2 343 (3de veld) |
Nuut |
Komazawa-stadion | Sokker (groepuitdunne) | 20 784 | Nuut |
Komazawa Vlugbalbane | Vlugbal (groepuitdunne) | 3 908 | Nuut |
Korakuen Yspaleis | Boks | 4 464 | Opgeknap |
Sagamimeer | Kanovaart | 1 500 | Nuut |
Mitsuzawa Sokkerveld (Yokohama) | Sokker (groepuitdunne) | 10 102 | Nuut |
Nagai-stadion (Osaka) | Sokker (groepuitdunne) | 20 000 | Nuut |
Nasionale Gimnasium | Basketbal, Sierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem | 3 929 (basketbal) 11 112 (sierduik, swem) |
Nuut |
Nasionale Stadion | Atletiek, Ruitersport (spanspring), Sokker (eindstryd) | 71 556 | Uitgebrei |
Nippon Budokan Hall | Judo | 15 176 | Nuut |
Nishikyogoku Atletiekstadion (Kioto) | Sokker (groepuitdunne) | 10 000 | Bestaande |
Ōmiya Sokkerveld (Saitama) | Sokker (groepuitdunne) | 14 392 | Nuut |
Chichibunomiya Rugbystadion | Sokker (groepuitdunne) | 17 569 | Herbou |
Sasazuka-machi | Atletiek (maraton, 50 km-loop) | Nie gelys nie | Tydelik |
Shibuya openbare saal | Gewigoptel | 2 222 | Nuut |
Shinjuku | Atletiek (maraton, 50 km-loop) | Nie gelys nie | Tydelik |
Toda Roeikursus | Roei | 8 262 | Herbou |
Tokorozawa Skietbaan | Skietsport (lokval) | 1 284 | Nuut |
Tokio Metropolitaanse Gimnasium | Gimnastiek | 6 474 | Herbou |
Tokio Metropolitaanse Binnenshuise swembad | Waterpolo | 3 014 | Herbou |
Waseda Gedenksaal | Skermsport, Moderne vyfkamp (skermsport) | 2 194 | Opgeknap |
Jokohama Kulturele Gimnasium | Vlugbal | 3 784 | Opgeknap |
Kalender
[wysig | wysig bron]Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.
OS | Openingseremonie | ● | Wedstryde | 1 | Wedstryde met medaljes | SS | Sluitingseremonie |
Datum | Oktober | ||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
10 Sa |
11 So |
12 Ma |
13 Di |
14 Wo |
15 Do |
16 Vr |
17 Sa |
18 So |
19 Ma |
20 Di |
21 Wo |
22 Do |
23 Vr |
24 Sa | |
Atletiek | 3 | 4 | 5 | 6 | 5 | 4 | 3 | 6 | |||||||
Basketbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | ||||
Boks | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 10 | |||
Fietsry | 1 | 1 | 1 | 1 | 2 | 1 | |||||||||
Gewigoptel | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | ||||||||
Gimnastiek | ● | ● | 2 | 2 | 5 | 5 | |||||||||
Judo | ● | ● | 4 | ||||||||||||
Kanovaart | ● | ● | 7 | ||||||||||||
Moderne vyfkamp | ● | ● | ● | ● | 2 | ||||||||||
Roei | ● | ● | ● | ● | 7 | ||||||||||
Ruitersport | ● | ● | ● | 2 | ● | ● | 2 | 2 | |||||||
Seilvaart | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 5 | ||||||||
Sierduik | ● | 1 | ● | ● | 1 | 1 | ● | ● | 1 | ||||||
Skermsport | ● | 1 | 1 | 1 | 1 | ● | 1 | 1 | 1 | ● | 1 | ||||
Skyfskiet | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | |||||||||
Sokker | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | ||||||
Stoei | ● | ● | ● | 8 | ● | ● | ● | 8 | |||||||
Swem | ● | 2 | 2 | 3 | 3 | 2 | 2 | 4 | |||||||
Veldhokkie | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | |||
Vlugbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 2 | ||||
Waterpolo | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | ||||||||
Totaal | 0 | 1 | 4 | 3 | 17 | 19 | 12 | 12 | 13 | 17 | 9 | 14 | 13 | 27 | 2 |
Seremonies | OS | SS | |||||||||||||
Datum | 10 Sa |
11 So |
12 Ma |
13 Di |
14 Wo |
15 Do |
16 Vr |
17 Sa |
18 So |
19 Ma |
20 Di |
21 Wo |
22 Do |
23 Vr |
24 Sa |
Oktober |
Deelnemende nasies
[wysig | wysig bron]Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
- Afghanistan (8)
- Algerië (1)
- Argentinië (102)
- Australië (243)
- Bahamas (11)
- België (61)
- Bermuda (4)
- Bolivië (1)
- Brasilië (61)
- Brits-Guyana (1)
- Bulgarye (63)
- Chili (14)
- Colombia (20)
- Costa Rica (2)
- Denemarke (60)
- Dominikaanse Republiek (1)
- Duitsland (337)
- Ethiopië (12)
- Filippyne (47)
- Finland (89)
- Frankryk (138)
- Ghana (33)
- Griekeland (18)
- Hongarye (182)
- Hongkong (39)
- Ierland (25)
- Indië (53)
- Irak (13)
- Iran (62)
- Israel (10)
- Italië (168)
- Ivoorkus (9)
- Jamaika (21)
- Japan (328)
- Joego-Slawië (75)
- Kambodja (13)
- Kameroen (1)
- Kanada (115)
- Kenia (37)
- Kongo (2)
- Kuba (27)
- Libanon (5)
- Liberië (1)
- Liechtenstein (2)
- Luxemburg (12)
- Madagaskar (3)
- Maleisië (61)
- Mali (2)
- Marokko (20)
- Meksiko (94)
- Mianmar (11)
- Monaco (1)
- Mongolië (21)
- Nederland (125)
- Nederlands-Antille (4)
- Nepal (6)
- Nieu-Seeland (64)
- Niger (1)
- Nigerië (18)
- Noord-Rhodesië (12)
- Noorweë (26)
- Oostenryk (56)
- Pakistan (41)
- Panama (10)
- Peru (31)
- Pole (140)
- Portugal (20)
- Puerto Rico (32)
- Rhodesië (29)
- Roemenië (138)
- Senegal (12)
- Republiek van China (40)
- Sowjetunie (317)
- Spanje (51)
- Sri Lanka (6)
- Suid-Korea (154)
- Swede (94)
- Switserland (66)
- Tanzanië (4)
- Thailand (54)
- Trinidad en Tobago (13)
- Tsjad (2)
- Tsjeggo-Slowakye (104)
- Tunisië (9)
- Turkye (23)
- Uganda (13)
- Uruguay (23)
- Venezuela (16)
- Verenigde Arabiese Republiek (73)
- Verenigde Koninkryk (204)
- Verenigde State (346)
- Viëtnam (16)
- Ysland (4)
Suid-Afrikaanse deelname
[wysig | wysig bron]Suid-Afrika kon nie aan die Spele deelneem nie omdat hulle weens die apartheidstelsel geskors is. Hulle kon eers 28 jaar later aan die Olimpiese Somerspele van 1992 deelneem.
Getal medaljes
[wysig | wysig bron]Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Verenigde State (USA) | 346 | 36 | 26 | 28 | 90 |
2 | Sowjetunie (URS) | 317 | 30 | 31 | 35 | 96 |
3 | Japan (JPN) | 328 | 16 | 5 | 8 | 29 |
4 | Duitsland (GER) | 337 | 10 | 22 | 18 | 50 |
5 | Italië (ITA) | 168 | 10 | 10 | 7 | 27 |
6 | Hongarye (HUN) | 182 | 10 | 7 | 5 | 22 |
7 | Pole (POL) | 140 | 7 | 6 | 10 | 23 |
8 | Australië (AUS) | 243 | 6 | 2 | 10 | 18 |
9 | Tsjeggo-Slowakye (TCH) | 104 | 5 | 6 | 3 | 14 |
10 | Verenigde Koninkryk (GBR) | 204 | 4 | 12 | 2 | 18 |
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Olimpiese Somerspele 1940 in Tokio beplan, maar weens die Tweede Wêreldoorlog gestaak
- Olimpiese Winterspele 1940 in Sapporo beplan, maar weens die Tweede Wêreldoorlog gestaak
- Olimpiese Winterspele 1972 in Sapporo
- Olimpiese Winterspele 1998 in Nagano
- Olimpiese Somerspele 2020 in Tokio
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 4 Maart 2018.
- ↑ "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 4 Maart 2018.
- ↑ "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 4 Maart 2018.
- ↑ "Past Olympic host city election results" (in Engels). GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op 4 Maart 2018.
Bronne
[wysig | wysig bron]Verdere leesstof
[wysig | wysig bron]- (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
- (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065.
- (de) Volker Kluge (1998). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 2. London 1948 – Tokio 1964. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00740-7.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Olimpiese Somerspele 1964. |
- (en) Tokyo 1964 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
- (en) Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
- (en) Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1964
- (en) Olympics 1964 to 1980
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |