Olimpiese Somerspele 1952

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Spele van die XVe Olimpiade
Olimpiesespele van 1952

Gehou in Helsinki, Finland
Deelnemende lande 69
Deelnemende atlete 4 955 (4 436 mans, 519 vroue)[1]
Items 149 in 17 sporte
Openingseremonie 19 Julie 1952
Sluitingseremonie 3 Augustus 1952
Amptelik geopen deur President Juho Kusti Paasikivi
Atlete-eed Heikki Savolainen (gimnastiek)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam Paavo Nurmi en
Hannes Kolehmainen (atletiek)
Vorige Spele 1948: Londen (VK)
Volgende Spele 1956: Melbourne (Australië)

Die Olimpiese Somerspele 1952 (Fins: Kesäolympialaiset 1952, Sweeds: Olympiska sommarspelen 1952), amptelik bekend as die Spele van die XVde Olimpiade, is tussen 19 Julie en 3 Augustus 1952 in Helsinki, Finland, aangebied. Helsinki is gekies bo Amsterdam en vyf Amerikaanse stede op 21 Junie 1947 op die veertigste IOK-kongres. Die Olimpiese Somerspele van 1952 was ook aan Helsinki toegeken, maar hulle kon toe vanweë die Tweede Wêreldoorlog nie daarmee voortgaan nie. Die Olimpiese Winterspele 1952 is in Oslo, Noorweë, aangebied.

Toewysing[wysig | wysig bron]

Die Finse atleet Paavo Nurmi steek die Olimpiese vlam tydens die openingseremonie in Helsinki aan

Helsinki is op 21 Junie 1947 in Stockholm deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1952. Ander kandidate was: Minneapolis, Los Angeles, Amsterdam, Detroit, Chicago en Philadelphia.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1952[2]
Stad Land Rondte 1 Rondte 2
Helsinki Vlag van Finland Finland 14 15
Minneapolis Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 4 5
Los Angeles Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 4 5
Amsterdam Vlag van Nederland Nederland 3 3
Detroit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 2
Chicago Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 1
Philadelphia Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 0

Sporte[wysig | wysig bron]

17 Olimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.

Deelnemende nasies[wysig | wysig bron]

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname[wysig | wysig bron]

Suid-Afrika se Esther Brand tydens die Olimpiese Somerspele van 1952

Suid-Afrika wen tien medaljes.

Boks[wysig | wysig bron]

Theunis J. van Schalkwyk (ligmiddelgewig) wen silwer, Andries C. Nieman (swaargewig), William Michael Towell (vlieggewig) en Leonard John Leisching (veergewig) die brons medaljes.

Fietsry[wysig | wysig bron]

Die Suid-Afrikaanse mansspan wen die silwer medalje in die 2000 m (tandem) en 4000 m en Raymond Leonard Robinsen wen die brons medaje in die 1 km tydtoets.

Swem[wysig | wysig bron]

Joan Cynthia Harrison wen die goue medalje in die 100 m rugslag.

Atletiek[wysig | wysig bron]

Esther Cornelia Brand wen goud in hoogspring en Daphne Robb-Hasenjär die silwer medalje in die 100 m wedloop.

Aantal medaljes[wysig | wysig bron]

Kaart van deelnemende nasies in 1952: ██ Neem vir die eerste keer deel ██ Het reeds vantevore deelgeneem

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek  Land  Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1 Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (USA) 286 40 19 17 76
2 Vlag van Sowjetunie Sowjetunie (URS) 295 22 30 19 71
3 Vlag van Hongarye Hongarye (HON) 189 16 10 16 42
4 Vlag van Swede Swede (SWE) 206 12 13 10 35
5 Vlag van Italië Italië (ITA) 231 8 9 4 21
6 Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye (TCH) 99 7 3 3 13
7 Vlag van Frankryk Frankryk (FRA) 245 6 6 6 18
8 Vlag van Finland Finland (FIN) 258 6 3 13 22
9 Vlag van Australië Australië (AUS) 87 6 2 3 11
10 Vlag van Noorweë Noorweë (NOR) 102 3 2 0 5
12 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (RSA) 64 2 4 4 10

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) The Olympic Summer Games Factsheet”. Internasionale Olimpiese Komitee. URL besoek op 21 Augustus 2016.
  2. (en) Past Olympic host city election results”. GamesBids. URL besoek op 21 Augustus 2016.

Verdere leesstof[wysig | wysig bron]

  • (de) Volker Kluge (1998). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 2. London 1948 – Tokio 1964. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00740-7. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:


Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896 · 1900 · 1904 · 1906* · 1908 · 1912 · 1916 · 1920 · 1924 · 1928 · 1932 · 1936 · 1940 · 1944 · 1948 · 1952 · 1956 · 1960 · 1964 · 1968 · 1972 · 1976 · 1980 · 1984 · 1988 · 1992 · 1996 · 2000 · 2004 · 2008 · 2012 · 2016 · 2020

Olimpiese Winterspele: 1924 · 1928 · 1932 · 1936 · 1940 · 1944 · 1948 · 1952 · 1956 · 1960 · 1964 · 1968 · 1972 · 1976 · 1980 · 1984 · 1988 · 1992 · 1994 · 1998 · 2002 · 2006 · 2010 · 2014 · 2018 · 2022
Internasionale Olimpiese Komitee - Nasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.